R DU TOIT

Default profile image
----------

Blog 13/14

31 May 2021, 18:32 Publicly Viewable

Leergedeelte 11.1 blog 13

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels.

Pyn word gebruik om ‘n ongemaklike sensasie te beskryf war afkomstig is van die aktivering van die senuweestelsel d.m.v noci reseptore. Pyn kan strek van slegs bietjie irriteerend tot krippelend. Dit varieer ook in frekwensie. Pyn kan in verskeie maniere beskryf word bv. Dof, skerp, brand of kloppend. Dit kan ook lokaal of verspreid in die liggaam voorkom.

Mense ervaar pyn verskillend sommige mense het ‘n hoër pyndrempel as ander, dus is pyn subjektief. Die oorsake van pyn varieer baie, soos: spesifieke beserings, mediese kondisies en in sommige gevalle is die oorsake van pyn baie moeiliker om te bepaal.

Die belangrikste beginsel by pyn bestuur is om oyn te verlig met medikasie wat so min as moontlik newe-effekte tot gevolg het, die persoon moet wel nogsteeds instaat wees daartoe om sy daaglikse aktiwiteite uit te voer.

Mediese aandag word benodig wanneer erge pyn ervaar word as gevolg van ‘n ongeluk wat bloeding tot gevolg het of by kopbeseerings. Dit word ook benodig wanneer daar ‘n skerp interne pyn gevoel word wat ‘n teken van ‘n probleem kan wees.

Daar is ook nie farmakologiese maniere om pyn te beheer: meditasie, ontspanning, yoga.