Blog#13
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
0.5 – 1.5 mM.
Litium se klein terapeutiese indeks beteken dan toksisiteit vinnig bereik sal word indien dit onsuksesvol gemonitor word.
Litium word as monoterapie gebruik vir bipolêre versteuring.
Litium word vir akute maniese versteuring gebruik in kombinasie met Valproaat indien die pasiënt nie reageer op net litium nie. Dit kan ook in kombinasie met ‘n antipsigotikum gebruik word in behandeling vir schizofrenie.
Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM’s (bv. diclofenac) en ACE inhibeerders en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksisiteitt
Teensuurmiddels (bv Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Li+ en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Li+
Tradisionele antipsigotiese middels soos chlorpromazine vererger EPS in kombinasie met Li+
Litium word in hoe konsentrasies in die borsmelk uitgeskei en is dus onveilig tydens laktasie. Dit kan ook risiko’s inhou vir beide die moeder en baba indien toegedien tydens swangerskap.
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Indocid is ‘n NSAID en kan dus, wanneer gepaard met Litium (Camcolit), die litiumvlakke verhoog en lei tot toksisiteit. Dit verduidelik die massatoename en moegheid wat sy ervaar. Dit is dus ‘n nagevolg van litiumtoksisiteit. Deur die “waterpil” by te voeg sal die Litiumvlakke net nog meer verhoog, aangesien diuretika gekombineer met Litiumsoute so effek het.
Daqarom moet sy onmiddellik die diuretika en NSAID’s los.