HILDE LAING

Default profile image
----------

Blog#13

19 Jun 2021, 17:11 Publicly Viewable

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels.

Pyn word gedefinieer as ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ondervinding geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.  Pyn word verder verdeel in akute (“nociceptive”) en neuropatiese (chroniese) pyn. 

Akute pyn word veroorsaak deur stimulasie van pynreseptore of “nociseptive receptors”  en voortgedra d.m.v intakte senubane, terwyl chroniese pyn dikwels met neurale supersensitiwiteit gepaard gaan, a.g.v. skade aan neurale strukture.  Akute pyn reageer dikwels goed op die opioïede, terwyl chroniese pyn dikwels swakker op hierdie middels reageer en dikwels hoër dosisse benodig. 

In kliniese situasies kan pyn nie willekeurig beëindig word nie en die betekenis van die sensasie en die mate van ongemak wat dit veroorsaak word grootliks beïnvloed deur die individu se vorige ervarings en die huidige verwagting. 

Verskillende mense ervaar pyn anders as gevolg van hoe elke persoon se liggaam pyn hanteer van die vel na die brein. Individuele pyn verskille is ‘n kombinasie van kognitiewe faktore. ‘n Persoon se pyn toleransie speel ‘n invloed.

Die doel vir pynhantering is om die pasiënt se pyn te verminder, om te voorkom dat akute pyn chroniese pyn word