SONE HUMAN

Default profile image
----------

#Blog 15

22 Jun 2021, 10:09 Publicly Viewable

Ons almal ken die gevoel van adernalien om die eerste keer iets te probeer.  Jy is opgewonde en almal om jou doen dit so hoekom kan jy nie.  En presies dieselfde word gesien met die geval van alkohol. Julle as leerlinge op die pad om mondig te wees en van julle is dalk al, het om een of ander tyd die smaak van alkohol oor julle gehad. Of dit nou 'n glasie wyn is saam jou ouers op kersfees en of dit by 'n kuier plek was tussen jou en jou vriende, ons almal loop tog een of ander tyd daai paadjie. 

Maar ek is nie hier om vandag vir julle te preek oor hoekom julle moet wag of hoekom julle nie moet alkohol gebruik nie, ek is vandag hier om julle die nodige inligting te gee, sodat as julle dit wel doen, julle al die inligting het om verantwoordelike keuses te maak en te weet watse tekens om voor uit te kyk om veilig te wees.

So om te begin, ons almal weet die euforiese, bekommer-vrye gevoel en die gevoel dat mens enige iets kan doen as mens alkohol gedrink het. Mens voel ontspanne en meer sosiaal.  Volgens wetgewing mag mens sleg 'n bloed alkoholvlak van minder as 0.05g/dL toon  as dit verby daai punt beweeg is jy oor die limiet. Nou om dit in perspektief te stel, slegs 2 glasies rooiwyn wat binne 60min ingeneem word, plaas jou kla oor die limiet. Dit neem jou liggaam ook 60min om 1 eenheid alkohol te metaboliseer. So dit kan 'n rukkie wees voor jy eintlik in die ''clear'' is, al voel jy, jy is oriaat.

Tussen 50-100 mg/dL voel mens effekte soos sedasie en jou reaksie tyd word verminder.

Tussen 100-200mg/dL het jy 'n hewige verlaging in jou motoriese funksie , jy kan dus lomp loop en teen goed vas loop, jy praat ook stadiger en soms voel dit of jou tong knoop, en met die lomp gevoel voel dit ook of jy nie altyd beheer het oor jou hele liggaam nie, jy kan dus goed afstamp of omstamp al het jy nie bedoel om jou arms so te swaai nie. 

Tussen 200-300mg/dL is waar vriendinne jou hare moet kom vashou, want naarheid en braking is op jou horison. DIe hoeveelheid alkohol kan ook maak dat jy gedehidreer word omdat jy so baie vloeistowwe verloor, en dit het ook 'n stel van sy eie probleme. 

Tussen 300-400mg/dL is wanneer die persoon bewussyn verloor en in 'n koma ingaan, hier is wanneer dit nou nie meer lekker is nie, en lewensgevaarlik word. en as jou vlak verby 500mg/dL beweeg kan jy sukkel om asem te kry, jou respiratoriese stelsel kan ewiglik onderdruk word en jy kan dood gaan, hipoksia kry en selfs breinskade. 

Nou ek is nie hier om julle bang te praat of so nie, maar om julle bewus te maak dat ja, dit laat mens onspan en minder inhibisies toon, maar dit is ook hoekom alkohol misbruik so gevaarlik kan wees. Wanneer julle leerlinge onder hewige druk is akademies, finansieel of agv huishoudelike omstandighede kan julle begin smag na die gevoel wat die alkohol julle bied en dit is wat afhanklikheid is. So om julle 'n vaste idee te gee, afhanklikheid is as jy nie sonder alkohol kan gaan vir 'n dag of 'n week, dat jy aggressie en ongeduld toon omdat jy nie alkohol het nie.  So as jy so elke nou en dan 'n glasie geniet of saam jou vriende gaan kuier is dit gesond almal moet ontspan, maar die oomblik as jy nie kan funksioneer sonder alkohol nie, is wanneer jy moet kyk om hulp te kry.

Nou nog 'n saak, wanneer mens in kuier plekke is, die alkohol vloei, mens het geen bekommernisse nie en alles is net lekker, mens let nie op wat altyd om mens aan gaan en so kan mens se drankie "gespike" word. Die middels wat hulle gebruik saam met die alkohol veroorsaak sedasie en amnesie, so jy sal nie eers weet wat het gebeur nie. 

So jy geniet die alkohol dalk teveel en gebruik dit nou op 'n kroniese vlak, wat is die moontlike newe-effekte oor die langtermyn?

-Jy kan lewer probleme ontwikkel wat kan lei tot wanvoeding en pankreatitis

- Jy kan gatro-intestinale effekte soos irritasie, inflammasie, bloeding, maagwand beskadiging en maagsere ontwikkel.

-Jy kan endokriene en elektroliet wanbalanse kry soos edeem en hipoglisemie.

-Jy kan kardiovaskulere effekte soos hipertensie, anemie en self hartaanvalle kry.

-Jou immuunstelsel word onderdruk wat lei dat jy meer vatbaar is vir bakteriele en virale infeksies.

-Alkohol is karsinogenies en dus is die kans vir kanker baie groter. Kankers van die mond, keel, lewer en bors. 

Ons het nou nou bietjie gepraat van afhanklikheid, wel mes kry 'n toleransie en afhanklikhied.

Afhanklikheid is wanneer 'n persoon onttrekkingsimptome soos angs, tremore, naarheid, hallusinasies en soms ook konvulsies kry, omdat die persoon die heeltyd blootgestel is aan die middel en nou eweskielik dit nie meer kry nie.

Toleransie is wanneer 'n persoon meer van die middel nodig het om dieselfde effekte te kan ervaar. Hier kan 'n persoon ook onttrekkingsimptome ervaar as nie genoeg van die middel ingekry is nie.

Alkohol onttrekkingsindroom kan binne 6-8 ure gesien word na die staking van die middel en kan verbeter binne 1-2 dae. Die sindroom kan ook uiters gevaarlik raak deur dat dit self kan lei tot die dood. 

Behandeling is gewoonlik die toediening van kalmeermiddels om die pasient kalm te hou, die persoon word ook behandeling vir sy simptome gegee, soos as die persoon baie opgooi kan 'n emetikum gegee word en 'n drip sodat hulle nie dehidreer nie. 

So om dan weg te neem, wees verantwoordelik met die gebruik van alkohol, as jy om enige tyd nie lekker voel of enige van die erge simptome ervaar vra liewer vir hulp en bly veilig.