SONE HUMAN

Default profile image
----------

#blog 17

22 Jun 2021, 10:55 Publicly Viewable

ADHD- wanneer 'n persoon fisiologiese temin DA en NA in hulle brein chemie het. Of dit is omdat daar temin reseptore is of omdat daar te min van die neurotransmitter beskikbaar is. Die verlaging het 'n wye spektrum van gevolge op die persoon. Maar die goeie nuus is met die toediening van die regte stimulante kan die persoon op 'n normale kalm vlak funksioneer. Nou studente en leerlinge gebruik die middels onnodig om beter te kan presteer in hulle akademie, maar hulle dink nooit aan wat dit fisies aan hul brein doen deur die middels te neem nie. 

Omdat hulle kla genoeg DA en NA het, kry hulle 'n oorvloed daarvan met die neem van die stimulante en kan dit hulle angstig, rusteloos en eufories maak, ook wanneer die stimulant uitgewerk is kan hulle depressief en ongemotiveerd voel, hulle kan ook baie slaap en hulle kan verskriklike hoofpyne ervaar. 

Daar kan ook fout gaan in die brein kommunikasie en kan lei tot toksiese psigose en hart artmiees, hoe bloeddruk en nagmerries, dit is omdat daar teveel DA in die brein nou voorkom. 

Daar is studies wat wys, as studente wat se brein nog ontwikkel die middels neem, kan dit brein kommunikasie ewig beinvloed en hulle 'n afhanklikheid aan die middels kan toon. 

Mense met ADHD neem die middels om alledaagse take te kan hanteer en soos neurotipiese mense te kan funksioneer, so wanneer 'n neurotipiese persoon die middels neem, stuur hulle eintlik hulle brein op 'n "high" en dus het hulle 'n "crash and burn" na die tyd. 

Die brein is 'n komplekse struktuur, so elke persoon se impak gaan verskil, en omdat die brein so divers is vir elke persoon, kan mens nooit verseker uitwys wat elke persoon se kompikasies gaan wees nie.