TILLANA EYSSEN

Default profile image
----------

Blog#2.2

12 Sep 2021, 14:25 Publicly Viewable

In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Angiotensinogeenvlakke is verhoog in hipertensie. Angiotensinogeen word vermeerder deur kortikosteroiede, tiroied hormone, estrogeen en angiotensien II.  Die verhoogde vlakke veroorsaak vasokonstriksie. Hierdie effek kan hipertensie vererger.

 

Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

AOE stelsel werk indirek op die reseptore en affekteer dus ander substanse soos bradikinien en substans P. Dit lei tot ernstiger newe-effekte as die angiotensienstelsel soos hoes en angio-edeem.

 

Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

AOE-remmers inhibeer die omskakeling van ANG I na ANG II, dus verhoed dit dat bloeddruk verhoog. Dit speel ook 'n rol by bradikinien wat 'n vasodilator is en dus ook bloeddruk laat afneem.

 

Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Hulle werk op AT1 reseptore en het 'n effek op AT2 reseptore ook. 

 

Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Arteriole dilatasie, maar veroorsaak veneuse kontraksie.  Prostaglandiene wat outakoiede is speel ook 'n rol. Dit word vrygestel  en kan die oorsaak wees van die veneuse kontraksie.

 

Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

B1 en B2 (B=bradikinien) reseptore.

 

Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Die peptiede veroorsaak vasodilatasie en is dus effektief in behandeling van hipertensie. Dit verbeter kardiale funksie tydens hartversaking.

 

Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is 'n ensiem wat natriuretiese peptiede afbreek. Sacubitril wat 'n neprilisien inhibeer is word saam met Valsartan gebruik vir behandeling van hartversaking. 

 

Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

Vasodilatore - stikstofoksied, prostasiklien

Vasokonstriktore - tromboksaan A2, prostaglandien H2, endotelien 1