PETRO GRUNDLINGH

Default profile image
----------

Blog#2.2

15 Sep 2021, 07:39 Publicly Viewable

  • In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Dit is verhoog tydens swangerskap en by vrouens wat estrogeen-bevattende orale kontraseptiewas gebruik. ‘n Toename in Angiotensinogeen hou verband met essentiële hipertensie en hartversaking. Wanneer die Angiotensinogeenvlakke in hipertensiewe pasiënte verhoog word, sal dit deur Renien omgeskakel word na Angiotensien 1. AOE sal Angiotensien 1 omsakel na Angiotensien 2 en gevolglik sal dit die vrystelling van Aldosteroon en ADH verhoog en vasokonstriksie sal plaasvind wat bloeddruk verder sal verhoog.

  • Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

Die AOE inhibeerders veroorsaak verlaagde Bradikinien afbraak en ook verlaagde Angiotensien 2 sintese. Verder inhibeer dit ook Angiotensien 1 gemedieerde effekte. Wanneer Bradikinien vlakke verhoog bind dit aan Bradikinien 2 reseptore en veroorsaak bronchokonstriksie en ‘n hoesrefluks volg. Dit word dus geassosieer met ‘n droë hoes. Angiotensien 1 reseptor antagoniste inhibeer slegs Angiotensien 1 reseptore en verhoog nie Bradikinin vlakke nie, gevolglik veroorsaak dit nie ‘n droë hoes as ‘n newe-effek nie.

  • Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

Die AOE-remmers verlaag die sintese van Angiotensien 2 sintese, omdat dit die omskakeling van Angiotensien 1 na Angiotensien 2 blok wat lei tot arteriële vasodilatasie en dus verlaagde periferale weerstand. Dit veroorsaak ook ‘n verlaging in aldosteroon met verlaagde water en sout retensie wat lei tot verlaagde kardiale uitwerp.

Die AOE-remmers verlaag ook die afbraak van Bradikinin. Verhoogde vlakke van Bradikinien veroorsaak arteriële vasodilatasie en dus verlaagde periferale weerstand.

  • Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Losartan is ‘n kompeterende antagonis op die Angiotensien 1 reseptore. Ja. Die middels tree ook op as antagoniste op die Angiotensien 2 reseptore. Dit veroorsaak indirek die afname van aldosteroon-sekresies en verhoog Na en water ekskresie.

  • Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Kiniene veroorsaak vasodilatasie by arteriole vate en vasokonstriksie by veneuse vate. Ja. Die vasodilatoriese effekte kan gemedieer word deur NO of vasodilatoriese prostaglandiene, PGE2 en PGI2. Die vasokonstriktiewe effek kan ook plaasvind as gevolg van vasokonstriktoriese prostaglandiene, PGF2a.

  • Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

Bradikinien2/ B2-reseptore

  • Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Natruiretiese petiede veroorsaak vasodilatasie en dit lei tot verlaagde periferale weerstand. Dit veroorsaak ook verhoogde Glomerulêre filtrasie en natriumuitskeiding. Die renienvrystelling word verlaag en ook die natriumherabsorpsie. Die effek van Aldosteroon en Angiotensien verlaag ook wat lei tot verlaagde kardiale uitwerp. Dit is dus effektiewe behandeling in hipertensie en hartversakking.

  • Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is ‘n neutrale endopeptidase verantwoordelik vir die afbraak van natriuretiese peptiede in die niere, lewer en longe. Deur neprilisien te inhibeer, verhoog sirkulerende vlakke van ANP en BNP en dit veroorsaak natriurese en diurese. Sacubutril is ‘n middel wat gebruik word om neprilisien te inhibeer. Dit sal veroorsaak dat die ANP en BNP vlakke verhoog wat sal lei tot verhoogde natriurese en diurese en gevolglik ‘n verlaging in die bloedvolume. Sacubutril en Valsartan (Angiotensien 2 reseptor antagonis) kan gekombineer word vir die behandeling van hartversaking.

  • Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

Vasodilatore: Bosentan, macitan, Sitaxsentan, Ambrisentan

Vasokonstriktore: Endotelien 1,2,3