• Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Dis ń mengsel van vasodilatoriese produkte en stikstofoksied wat in endoteel gesintetiseer word en daarvan vrygestel word.
• As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Beide is twee vorme van stikstof oksied sintase. Die eers genoemde gevind in epiteel- en neuronale selle asook endoteel selle en die tweede gevind in makrofae en gladderspierselle.
Veroorsaak verander van arginien na sitrullien en stikstofoksied.
• Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Sepsis word veroorsaak deur ń infeksie wat lei tot ń inflammatoriese respons. Die sintese van iNOS in makrofae, neutrofiele, T-selle, hepatosiete, gladdespierselle, endoteel selle en fibroblaste for geïnduseer. Die resultate van die wydverspreide stikstofoksied gee verergerde hipotensie, skok en in sommige gevalle dood.
• Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
Stikstofoksied.
• NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Superoksied kan stikstofoksied omskakel van ń voodelige seiningsmolekule na ń reaktiewe reaktiwe nitrerende spesies. Versagting van peroksienitriet gemediëerde protein modifikasie vind plaas deur middel van intrasellulêre vlakke van glutation. Hierdie het ń beskermende effek teen weefselskade deur opruimings peroksienitriet.
• Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Dit tree pro-inflammatories op deur werwing van leukosiete en vrystelling van inflammatoriese bemiddelaars.
ń Voordeel van die gebruik van NO is dat dit ń belangrike rol speel in die beskerming van die liggaam deur immuunsel funksie.
ń Nadeel van die gebruik van NO is dat wanneer die stikstofoksied vir te lang periodes gebruik word, kan dit tot weefselskade lei.
• In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Beroerte, amyotopiese laterale sklerose en Parkinson se siekte.
Alzheimer se siekte en skisofrenie.