Chroniese obstruktiewe longsiekte (COLS) is 'n chroniese inflammatoriese longsiekte wat belemmerde lugvloei vanaf die longe veroorsaak. Simptome sluit in asemhalingsprobleme, hoes, slym (sputum) produksie en hyg. Dit word gewoonlik veroorsaak deur langdurige blootstelling aan irriterende gasse of deeltjies, meestal van sigaretrook. Mense met COLS het 'n groter risiko om hartsiektes, longkanker en 'n verskeidenheid ander toestande te ontwikkel.
Emfiseem en chroniese brongitis is die twee mees algemene toestande wat bydra tot COLS. Hierdie twee toestande kom gewoonlik saam en kan in grootliks verskil tussen individue met COLS.
Chroniese brongitis
Etiologie - Chroniese brongitis is ’n nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte waarvan die presiese etiologie onduidelik is, maar geassosieer word met langtermyn-blootstelling aan iritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse
Patofisiologie - Die simptome en tekens van chroniese brongitis word met mukushipersekresie, verlaagde mukosilêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies en strukturele veranderinge in die brongiale wande geassosieer. Chroniese brongitis lyers ontwikkel ook ’n chroniese hoes in reaksie op die oormatige taai slym. Aangesien die vagusrefleks ’n tipiese gevolg van die stimulasie van irritantreseptore in die lugweë is, speel ’n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel ’n belangrike rol by chroniese brongitis.
Emfiseem
Etiologie - Emfiseem behels ’n onomkeerbare verwyding van die respiratoriese brongioli en alveoli (verlies aan elastisiteit) as gevolg van strukturele skade aan die wande
Patofisiologie - Die lug word dus in die respiratoriese ruimte van die longe vasgevang en moeilik uitgeasem, sodat ventilasie van die longe moeilik plaasvind. Verder is daar soms ook ’n vermindering van kappilêre bloedvatvoorsiening wat gasuitruiling verder belemmer. Soos in die geval van chroniese brongitis is sigaretrook ’n baie belangrike oorsaak, veral by strawwe rokers of geneties vatbare individue (bv. perone met a1-antitripsiengebrek).
Ipratropium word as anticholinergiese terapie (ipratropium-inhalasie) hedendaags verkies as eerste-linie middel by die behandeling van COLS. Spesifiek by COLS (chroniese brongitis en emfiseem) is die brongodilatoriese effek meestal beter as wat met b2-simpatomimetika verkry word. Ipratropium is ‘n M3 antagonis in lugwee wat Vagussenuwee stimulasie in lugweg a.g.v ACh vrystelling vanaf efferente senu eindplate → brongokonstriksie en ↑ mukusproduksie inhibeer.
‘n Stadige-vrystellingspreparaat van teofillien kan gebruik word. Teofillien het veral die voordeel dat dit diafragmakontraktiliteit verbeter en diafragma-uitputting verminder, kardiale kontraktiliteit verbeter, pulmonale weerstand verlaag, mukosiliêre opruiming verbeter en die ventilatoriese respons op hipoksemie verbeter.
Suurstofbehandeling verhoog die hoeveelheid suurstof wat in jou longe en bloedstroom invloei. As jou COPD baie sleg is en jou bloed suurstofvlakke laag is, kan meer suurstof jou help om beter asem te haal.
In erge grade van COLS verbeter 18-24 ure/dag O2-inhalasieterapie die morbiditeit en mortaliteit drasties. Dit word dus sterk aanbeveel in gevalle van volgehoue hipoksie (verskeie tipes draagbare O2-houers is beskikbaar). Sommige pasiënte benodig O2‑inhalasieterapie slegs met oefening of tydens slaap.