MARI VAN RHYN

Default profile image
MARI VAN RHYN

Blog #1

22 Feb 2021, 19:55 Publicly Viewable

M van Rhyn

30105277

FKLG 312: Blog #1

  • Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Potensiaalafhanklike en ioonafhanklike kanale

  • Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Ionotropies

Metabotropies

Direkte werking

Indirekte aktivering

Ligand bind aan die ioonkanaal en beïnvloed direk die ioonkanaal

G-proteien gemidddeld,

Verandering in membraanpotensiaal van sel lei tot die werking van kanale. Sein word oorgedra vanaf die selliggaam na die terminaal.

Korter proses omdat geen 2de boodskappe teenwoordig is nie, en kanale slegs oop vir kort periode

Langdurige proses, modulering van sinaps vurings tempo

  • Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Potensiaalafhanklike kanale: benodig ‘n membraanpotensiaal verandering, metabotropiese reseptore ter sprake, G-proteiene is betrokke en maak gebruik van 2de boodskappers, langdurige proses

Ligandbemiddelde ioonkanale: neurotranmittor bind direk aan ioonkanaal, ionotropiese reseptore betrokke, korter proses as potensiaalafhanklike kanale

  • Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropiese reseptore

Metabotropiese reseptore

GABA-A reseptore

Adrenergiese en Noradrenergiese reseptore:

  • α1 + 2
  • β1 + 2

Asetielcholien reseptore (AcH):

  • Nikotinies (N) reseptore

Asetielcholien reseptore (AcH):

  • Muskariene reseptore: M1, 2, 3, 4, 5

Glutamaat reseptore:

  • NMDA
  • Kainate
  • AMPA

Glutamaat reseptore:

  • mGlu1 en 8

Serotonien reseptore:

  • 5-HT3

Serotonien reseptore:

  • 5-HT1A en B
  • 5-HT2

Histamien reseptore:

  • H1

Dopamien reseptore:

  • D1 + 2

1. Metaboliese veranderinge (METABOTROPIESE reseptore, Potensiaalafhanklike kanale)

Die neurotransmitter bind aan die G-proteïn gekoppelde reseptor op die transmembrane gedeelte van die neuron. Die neurotransmitter dien dus as die ‘eerste boodskapper’ in die proses. Die G-protein wat ondergaan ‘n konformasie verandering en GTP vervang GDP op die α-gedeelte van die G-proteïn. Die  α-gedeelte van die G-proteien ontbind dan om een van 2 prosesse te verrig– die proses herhaal tot die neurotransmitter ontbind vanaf die reseptor. Die proses is lang van duur en neem dus langer as ligandbemiddelde ioonkanale.

Die prosesse is as volg:

1. Die G-proteïn (met sy α-deel) kan die reseptor aan ‘n potensiaalafhanklike kanaal koppel om uiteindelik ‘n respons te ontlok

2. Die G-proteïn dien as ‘n skakel tussen die reseptor en die betrokke tweede boodskapper wat aan die G-proteïn gekoppel is om ‘n respons te ontlok

  • Adenielsiklase sisteem: Die α-subeenheid van die G-proteïn beweeg na ‘n proteïn op die selmembraan en aktiveer ‘n ensiem en 2de boodskapper naamlik adenielsiklase wat as skakel dien om ATP na AMP om te skakel om uiteindelik ioonkanale te beïnvloed om ‘n respons te ontlok.

  • Fosfolipase sisteem: Die α-subeenheid van die G-proteïn aktiveer ‘n membraangeassosieerde ensiem naamlik fosfolipase-C wat dan tweede boodskappers aktiveer om ioonkanale te beïnvloed en ‘n sellulêre effek te ontlok. Die 2de boodskappers teenwoordig is IP3 (Ionosientrifosfaat) en DAG (Diasielgliserol) 

2. Ligandbemiddelde ioonkanale = IONOTROPIES RESEPTORE

Die neurotransmitter bind aan die ionotropiese reseptor wat die ioonkanaal direk beïnvloed. Dus word daar geensins van tweede boodskappers gebruik gemaak nie. Die iookanaal sal gereguleer word d.m.v. die interaksie tussen die ligand en die reseptor.

  • Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP: (Aktiverende/Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal)

Post sinaptiese depolarisasie het ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg. Dit lei tot ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid van die membraan en die SSS word gestimuleer.

Voorbeeld: Serotonien at depolarisasie via die natriumioonkanaal veroorsaak

IPSP: (Inhiberende post sinaptiese potensiaal)

Post sinaptiese potensiaal hiperpolarisasie lei tot die inhibering van die opwekking van die aksiepotensiaal op die post-sinaptiese membraan. Dus word die SSS onderdruk.

Voorbeeld: GABA-A wat hiperpolarisasie via die chloorioonkanale veroorsaak

  • Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Ca+2 veroorsaak sinaptiese vesikulêre eksositose deurdat die intrasellulere calsium konsentrasie verhoog. Dit veroorsaak dat die neuro-oordragstowwe in die vesikels vrygestel word en die sinaptiese oordrag begin.