ANDRI SMALBERGER

Default profile image
----------

Blog #1

23 Feb 2021, 17:12 Publicly Viewable

1. Watter tipe ioonkanale word op die senuselmembrane gevind?

-Voltage-gated (Potensiaalafhanklik)

-Ligandbemiddelde ioonkanale

2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Ligandafhanklike Ioonkanale Potensiaalafhanklike Ioonkanale
-Die kanale reageer a.g.v die binding van 'n ligand (Neurotransmitter) aan  die ioonkanaal. -Die kanale reageer a.g.v veranderinge in die  membraanpotensiaal van die sel.
-Die ligand/oordragstof/neurotransmitter bind aan die ionotropiese reseptor. -Die neurotransmitter/ligand/geneesmiddel bind aan die G-proteïn gekoppelde reseptor (metabotropies)
-Stadige sinaptiese oordrag vind plaas. Vat langer as die ionotropiese proses. -Sinaptiese oordrag vind vinnig plaas.

3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore bestaan uit verskeie aantal subeenhede. Die ioon kanaal word direk geopen deur die binding van die NT ligand. Dus veroorsaak dit die direkte opening van ioonkanale (d.w.s geen tweede boodskappers.)

Metabotropiese reseptoreis  7 -Transmembraan G-proteïengekoppelde reseptore. Die binding wat hier tussen die neurotransmitter en reseptor plaasvind is indirek. (d.w.s tweede boodskappers is betrokke).

4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropiese Reseptore:

  • GABA-A
  • Nikotinies (N)
  • EAA (Glutamaat)
  • 5-HT3

Monotropiese Reseptore:

  • ß1+2, D1,D2,α2, 5-HTI A+B ,M2,M4 ,GABAB, mGlu1 - Reseptore betrokke by Adenielsiklase
  • α1 , 5-HT2 ,M1,M3, M5, H1, mGlu8 - Reseptore betrokke by Fosfolipasel

5. Verduidelik die verskil tussen EPSP en IPSP en gee voorbeelde van elk.

IPSP

-Staan vir Inhiberende Post Sinaptiese Potensiaal.

-Dit is inhiberend ten opsigte van die sentrale senuweee stelsel

Voorbeeld: Die GABA  (ook bekend as die y-aminobottersuur) is die neurotransmitter wat bind aan die GABA-A reseptor. Dit stel die opening van die Cl-ioonkanaal in werking. Dit het hiperpolarisasie tot gevolg.

EPSP

-Dit staan vir Eksitatoriese Post Sinaptiese Potensiaal

- Dit is aktiverend ten opsigte van die sentrale senuwee stelsel.

Voorbeeld: AcH is die neurotansmitter wat aan die Nikotiniese (N) reseptor bind. Dit het 'n uitwerking op die Na-ioonkanaal, en hy gaan oop. Dit lei tot depolarisasie.

6.Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Kalsium tree op as 'n tweede boodskapper.

Dit is ook belangrik in die proses van neurotransmitter vrystelling.

Bronnelys:

Weitz M & Boyle P eds. 2018. Katzung’s , 14de uitg. New York: McGraw-Hill.

Prof. Brand,2021, Power Point Presentation, LE 1, Leergedeelte 1.1