LOURENS KLOPPER

Default profile image
----------

Blog #3

2 Mar 2021, 13:14 Publicly Viewable
  1. Die vetoplosbaarheid van die medikasie kan die absorpsie en verspreiding van die middels beinvloed. Hoe meer lipofilies ‘n geneesmiddel is hoe vinniger kan hy deur die SSS versprei.
  2. Herdistribusie beteken dat die geneesmiddel vanaf die brein na ander weefsel sort kan versprei (Na brein, hart of lewer gevolg na die vetselle en spierweefsel. Herdistribusie veroorsaak ‘n verlengde werkingsduur.
  3. Dit word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme:
    Stap 1: Dealkilering: vorming van aktiewe metaboliete
     
    Stap 2. Oksidasie (sitochroom P450: aktiewe metaboliet)
    Stap 3. Konjugasie (fase II) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm

  1. Diasepam,Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepam, Ketazolam
  2. Oksasepam , Lorasepam , Temasepam , Lormetasepam. Voordele sluit in: Die BD’e kan in gevalle gebruik word waar lewermikrosomale ensien aktiwiteit laag is (Bv saam eritromisien)
  3. Ensieminduksie is wanneer ‘n geneesmiddel ‘n sekkere ensiem se produksie versnel/induseer, sal dit aanleiding gee tot verhoogde metabolisme van die middel. Voorbeelde van die middels is Fenobarbital en Meprobamaat.
    ‘N verhooging in metabolisme veroorsaak ‘n verlaging van werkingsduur in die liggaam

 

Brand, L. (2021). Sedatief-hipnotiese middels- Leereenheid 2. Pharmacology FKLG 312. Potchefstroom: NWU: Faculty of Health Sciences School of Pharmacy.

Katzung, B. G. (2018). Basic & Clinical Pharmacology. McGraw-Hill Education.

South African Medicines Formulary. (2016). Pretoria: Health and Medical Publishing Group.