DALEEN LE ROUX

Default profile image
----------

Blog #2

2 Mar 2021, 18:21 Publicly Viewable

Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesia is wanneer die pasiënt nie kan onthou wat gebeur het tydens die werkingsduur van die geneesmiddel nie.

Geneesmiddels soos midazolam, lorazepam en diazepam kan hierdie effek veroorsaak.

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Dit verkort die tyd wat dit die pasiënt neem om aan die slaap te raak en verleng ook die pasiënt se slaaptyd as hy/sy gewoonlik minder as 6 ure slaap. 

Dit verkort die fase 4 NREM se tyd wat dit duur en verleng die fase 2 NREM.

Hierdie middels kan tot voordeel van die pasiënt wees omdat dit slegs ‘n klein onderdrukkende effek op REM slaap.

Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?

Midazolam, lorazepam & diazepam.

Dit kan anterograde amnesie veroorsaak (onvermoë om te onthou) en word additief as SSS onderdrukkers gebruik.

Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoë dosisse Barbitorate en sekere bensodiasepiene soos diazepam en lorazepam word as anti-konvulsante gebruik.

Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Inhibering van die polisinaptiese reflekse het ‘n spierverslappende effek.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels

Hoë dosisse van die sedatief-hipnotika kan lei tot medullêre depressie of dood.  Die respiratoriese- en kardiovaskulêre stelsels word in die medulla oblongata beheer, dus as dit oormatig onderdruk word kan dit negatiewe effekte hê.