LARA NAUDÉ

Default profile image
----------

Lara Naudé (31648959)

29 Mar 2021, 16:56 Publicly Viewable

Blog #8

  • Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

     

    inhalasie middels effekte          
    Halotaan

    SSS: Vinnige gladde induksie, verhoog serebrale bloedvloei asook die verhoging in die intrakraniale druk. 

    KVS; Verlaag die bloeddruk, Sensitiseer die miokardium vir die aritmogene effekte.

    Resoirasie: geen speeksel sekresie op brongi, geen hoes reflex.

    uterus: verlaagde spierkontraksie wat eksterne draaing van die baba veroorsaak. 

    lewer: hepatosisiteit omdat dit deur die lewer gemetaboliseer word. 

     

             
    Enfluraan

    SSS: Vinnige gladde induksie,  word vir die instandhouding gebruik en dit word nie gegee vir pasiënte wat lei aan epilepsie nie weens dit konculsies veroorsaak. 

    KVS: verlaag die bloeddruk, minder verlaging van halotaan.

    respiratories: verlaag die ansemhaling, meer verlaging as halotaan.

             
    Isofluraan: 

    SSS: vinnige induksie en herstel as halotaan.

    KVS: minder verlaging in bloeddruk as halotaan. 

    Respiratories: potente onderdrukkende effekte. Moet nie vir 'n pasiënt gee wat spontaan moet asem haal nie. word net gebruik vir die instandhouding. 

             
    Desfluraan

    SSS: Dit het 'n vinnige induksie Word nie gebruik as 'n induseerder nie weens dit n skerp reuk het wat die lugweg irriteer en wat kan lei tot larngiale spasma. Die middel word altyd saam toegedien met 'n ander middel wat eerder gebruik word vir die induksie van narkose. 

    KVS:  verlaag die bloeddruk maar minder verlaging as halotaan. 

    respiratories: Vermei as 'n induksiemiddel omdat die die lugweg irriteer. 

             
    laggas

    SSS: swak anestesie middel, potent vir analstesie( pynblokker) en amnesie. 

    KVS: geen effekte

    respiratories: suiwer N2O kani gegee word nie weens dit hipoksie kan veroorsaak. daar moet altyd O2 saam toegedien word met N2O 

    Dit het geen skeletspierverslappende effekte nie. 

             

     

 

  • Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

Die belangrikste toksiese effekte by inhalasiemiddels is wanneer ons halotaan gebruik. hepatoksisiteit kan voorkom omdat dit 'n middel is wat deur die lewer gemetaboliseer word.  Desfuraan is 'n middel wat nie gebruik word om anestesie te induseer nie, weens dit 'n skerp reuk het wat die ugweg kan irriteer en laringo spasma kan veroorsaak. daarom moet die middel slegs vir instandhouding gebruik word.  Sevofluraan word ook deur die lewer gemetaboliseer so daarom is dit belangrik om seker te maak daar word nie te veel daarvan gegee nie. Metoksiefluraan is ook toksies indien te veel gegee word.  indien laggas gegee word moet dit nie sonder suurstof gegee word nie weens dit hipoksie kan veroorsaak.  Laggas moet altyd saam met 'n ander anestesie middel gegee word omdat hy alleenlik nie potent genoeg is nie.  Indien Enfluraan gegee word moet daar versigtig wees om dit vir pasiënte te gee wat lei aan epilepsie weens dit kwaai konvulsies kan veroorsaak.