MONIQUE SNYMAN

Default profile image
----------

Blog 9

30 Mar 2021, 17:43 Publicly Viewable

 

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter en ongemiëlineerde vesels

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwee (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels (blok Natrium kanale)

Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing

Psige: verbeter gemoedstoestand, beïnvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname)

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Die tipe procedure wat gedoen word

Die aantal tyd waarvoor dit gebruik word

Die kliniese gebruik van die anestetikum

Die werkingsduur

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die aanvang van werking sal versnel word, omdat die CO2 as n buffer dien.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaïen

Kokaïen

Oksibuprokaïen