Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese syketting (Chloorpromasien)
Piperidien syketting (Perisiasien)
Piperasien syketting (Perfenasien)
Die Alifatiese en Piperidien sykettings het beide ’n lae potensie met min EPS. Hul newe effekte is anticholinergiese simptome, sedasie, kardiotoksisiteit en posturale hipotensie.
Die Piperasien syketting het ’n hoë potensie met aansielike meer EPS. Dit het minder anticholinergiese newe effekte sowel as sedasie, kardiotoksisiteite en ook minder alfa-litiese newe effekte.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Dopamien(D2)
Seretonien (5-HT2)
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die Atipiese middels het ’n hoër affiniteit vir 5-HT2 reseptore, maar hul blok ook D2, M1,H1 en alfa 1 reseptore. Dus is word die 5-HT2A reseptore meer geblokkeer as D2 reseptore.