MARI-ANNE NORTIER

Default profile image
----------

Blog #10

8 May 2021, 17:22 Publicly Viewable

1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat dopamien aktiwiteit verhoog en die wat cholinergiese aktiwiteit verlaag.

2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit is 'n indirekwerkende middel wat dopamien aktiwiteit verhoog. Dit het 3 meganismes van werking: dit is 'n metaffinoïede potensieerder van dopamien, NMDA antagonis en Adenosien A2 antagonis. Dit verbeter rigiditeit, tremore en bradikinesie.

3. Bespreek die werkingsmeganismes van die parkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op 'n indirekte wyse verhoog.

Amantadien het 'n 3 werkingsmeganismes: dit is 'n metaffinoïede potensieerder van dopamien (verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en dit blokkeer die heropname van dopamien), 'n NMDA antagonis (antidiskinetiese effekte), en 'n Adenosien A2 antagonis (adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie).

Entakapoon is 'n COMT-remmer. En COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa. Verhoogde plasmavlakke van 3-O-metieldopa veroorsaak dat l-dopa se terapeutiese respons swak is, want 3-O-metieldopa kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse. So entakapoon verleng die werkingsduur van l-dopa, verlaag die perifere metabolisme van l-dopa en verbeter ook die biobeskikbaarheid darvan.

4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivaat: Broomkriptien

Nie ergotderivate: Pramipeksool en Ropinirool

5. Maak 'n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • Broomkriptien is 'n gedeeltelike agonis op D2 reseptore.
  • Pramipeksool is 'n agonis op D3 reseptore.
  • Ropinirool is 'n agonis op D2 reseptore.

6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?

Pramipeksool word as neuronbeskermend geklassifiseer, asook die selektieweMAO-B remmers, Selegilien en Rasagilien. Dit beteken dat dit dalk die siekte progressie kan verlaag.

7. Wat is die belang van MAO-B selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B het voorkeur vir dopamien as substraat. MAO-B selektiewe middels verhoog die dopamien konsentrasie in die SSS.

8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Entakapoon is 'n COMT-remmer. En COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa. Verhoogde plasmavlakke van 3-O-metieldopa veroorsaak dat l-dopa se terapeutiese respons swak is, want 3-O-metieldopa kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse. So entakapoon verleng die werkingsduur van l-dopa, verlaag die perifere metabolisme van l-dopa en verbeter ook die biobeskikbaarheid darvan.

9. Hoe werk Istradefilien?

Dit is 'n adenosien A2 antagonis, want adenosien inhibeer D2 funksie.En verhoog dus so op 'n indirekte wyse dopamien funksie.

10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied.

Het 'n tweeledige werkingsmeganisme: dit verhoog dopamien se aktiwiteit, omdat dit 'n potente omkeerbare inhibeerder van MAO-B is en dit inhibeer ook dopamien se heropname. Dit verlaag glutamaat se vrystelling.