R BOON

Default profile image
----------

Blok #13 LE 12.2

12 Jun 2021, 08:58 Publicly Viewable

Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?

Alkohol gebruik het baie toegeneem by minderjariges. Dit word gebruik vir verskeie redes soos om “cool” te wees of sosiaal te verkeer. Sommige mense drink dit vir ander redes soos streshantering of dit help jou om met sekere goed te “cope”. Maar hoe werk dit? Wat veroorsaak dat alkohol n persoon so goed laat voel? Dopamien is n chemiese substans in elke persoon se liggaam. Dit beheer hoe jy beweeg en wat jou emosionele respons is. Alkohol veroosaak n verhoging in die dopamien se aktiwiteit en laat jou goed voel. Alkohol veroorsaak ook n verhoging in die vrylating van endorfiene. Endorfiene verminder pyn en dit veroorsaak n goeie gevoel. Dit is die “aangeneme” van alkohol. Die onaangename gevoelings wat persone van alkohol kry is naarheid en braking, kopsere, moegheid en dors. Alkohol iriteer die maagwande wat veroorsaak dat jy naar voel. Die grootste problem met alcohol gebruik is die ongelukke wat gebeur wanneer mense nie helder dink nie of nie by hulle volle bewustheid is nie. Die langtermyn gebruik van alcohol kan die volgende gesondheids probleme veroorsaak: lewer siektes, pankreatitis, kardiovaskulere siektes hartsiektes) en selfs kanker. Die hoeveelheid alkohol wat jy kan inneem voordat jy dronk raak is afhangend van jou bloed alkohol konsentrasie vlakke. Tussen 1-2 drankies tas alreeds jou reaksie tyd aan en jy voel ontspanne. Jou oordeel word verminder by 3-4 drankies. Tussen 5-7 drankies veroorsaak vissie steurnisse en reaksie tyd word nog verminder, mense raak baie emosioneel hier. Tussen 8-10 drankies word jou spraak aangetas en meer as 10 kan jy jou bewustheid verloor. Hoeveel drankies is vir jou veilig om te drink? Studies het bewys dat mans wat 2 drankies elke aand drink en vrouens net 1 drankie n aand drink het sekere voordele. Maar julle mag eers as julle 18 is die teorie beproef. Wanneer mans meer as 14 drankies n week inneem word hy gesien as n swaar drinker en vrouens meer as 7 drankies n week. Alkoliste neem alkohol nogsteeds ten spite van die wet of gesondheidsprobleme. Die mense met alkolisme begin elke dag met n drankie. Wanneer jy weet jy het n alkohol problem moet jy n gesondheidswerker gaan sien, dit kan jou dokter of selfs apteker wees. Die persone kan jou verwys na n rehabilitasie sentrum of medisyne voorskryf wat sal help om die begeerte vir alcohol te verminder.

https://www.vox.com/2018/4/24/17242720/alcohol-health-risks-facts

https://www.medicalnewstoday.com/articles/305062#long-term-effects-

https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4493891/#:~:text=A%20number%20of%20different%20motives,two%20broad%20categories%20of%20motivation