KAYLA JACOBS

Default profile image
----------

Blog#2.2

14 Sep 2021, 21:22 Publicly Viewable

In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

  • Verhoogde angiotensingeen vlakke word gesien in hipertensie sowel as hartversaking. As gevolg van die verhoogde antiotensien II vlakke weens ‘n moontlike ooraktiewe RAAS sisteem veroorsaak dit erge vasokonstriksie. Dit lei tot hipertensie, wat druk op die hart sit en hartversaking kan veroorsaak. Die ooraktiewe RAAS sisteem het ‘n aanleiding tot die verhoging in die angiotensinogeen vlakke.
  • Imlikasies van hoë angiotensinogen vlakke lei tot verhoogde bloeddruk vlakke asook retensie van vloeistof in die urienwegstelsel. Verder lei dit ook tot ‘n vergrootte hart a.g.v. ventrikulêre hipertrofie.

Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

  • Die angiotensien antagoniste wat inwerk op die angiotensienreseptore, het ‘n direkte effek op slegs die angiotensien sisteem van die liggaam en is dus angiotensienstelsel selektief. AOE het ‘n effek om bradikinien om te skakel na die onaktiewe metaboliete toe. Die AOE remmers kan dus ook inwerk op die bradikinien stelsel. Die remming van AOE in bradikinien kan die konsentrasie van bradikinien verhoog wat inwerk op die sensoriese senu-eindpunte en pyn en ‘n droë hoes tot gevolg kan hê

Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

  • Eerstens, inhibeer AOE-remmers die omskakeling van angiotensin I → angiotensin II. Dit lei tot ↓ in angiotensin II produksie en veroorsaak ‘n ↓ in RAAS. Bradikinien kan nie afgebreek word nie deur AOE na onaktiewe metaboliete nie, dus bly bradikinien ‘n potente vasodilator & ↑ Prostaglandiene sintese wat lei tot vasodilatasie.
  • Tweedens veroorskaak dit ‘n ↓PVR = ↓BP. Dit werk in op die Bradikinien stelsel waar dit bradikinien omskakel na sy onaktiewe metaboliet toe. Bradikinien het ‘n sterk vasodilatoriese werking. Deur die AOE te rem beteken dit dat angiotensien I nie omgeskakel kan word na angiotensien II toe nie. Dit bedoel dat dit die vasokonstriktiewe eienskap uitsluit. Die AOE remmers sal dus ook die vlakke van bradikinien verhoog in die liggaam deurdat dit nie na sy metaboliete omgeskakel word nie. Daar sal dus vasodilatasie voorkom weens die verhoging in bradikinien vlakke, daarom kan daar gesê word dat dit as ‘n tweevoudige meganisme kan gebruik word.

Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

  • Losartan en varsartan is selektiewe kompeterende antagoniste van angiotensin II AT1-reseptore & werk dus op AT1 reseptore. Hulle het ook ‘n meer volledige blokade van die angiotensin sisteem, dieselfde as AOE-remmers, maar daar is geen toename in bradikinien. Dit inhibeer vasokonstriksie en aldosteroon sekresie wat dus ‘n afname in bloeddruk en vasodilatasie tot gevolg het.

Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

  • Kiniene veroorsaak vasodilatasie van die arterieë en venas.

Ja, ander outakoïede speel ook ‘n rol in hierdie werking- hulle tree op as tweede boodskappers soos bv.  die endoteel en prostaglandiene wat vrygestel word na aktivering deur bradikinien. Dit speel ‘n rol om die deurlaatbaarheid te verhoog en gevolglik edeem kan veroorsaak.

Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

  • Daar is G-protein gekoppelde reseptore betrokke, maar die mees betrokke een is Bradikinien 1&2-reseptor.

Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

    • Natriuretiese peptiede is effektief omdat dit vasodilatasie veroorsaak en sodoende ‘n afname in perifere weerstand & hart uitwerp wat lei tot ‘n afname in bloeddruk.  Dit word vrygestel in die atria nadat daar spanning op die hart ventrikels waargeneem is.
    • Natriuretiese peptiede verhoog ook die glomerulere filtrasie en verlaag die Na+ herabsorpsie, wat daartoe lei dat die bloed volume sal verlaag. H2O sal ook Na+ volg en edeem kan verminder tydens kongestiewe hartversaking. Natriuretiese peptiede verlaag ook die renien vrystelling wat ‘n effek op die RAAS sisteem sal hê en dus ook hipertensie kan voorkom.

Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

  • Neprilisien metaboliseer ANP & BNP. Deur sy aktiwiteit te inhibeer word die effekte van ANP & BNP verleng wat vasodilatasie tot gevolg het en ook ander meganismes om hartuitwerp en perifere weerstand te verlaag en lei tot natriurese & diurese. Spanning word ook op die versakende hart verlig. Die middel staan bekend as: Sacubitril en word in kombinasie met valsartan gegee. Valsartan is ‘n ACE-inhibeerder, wat artriële dilatasie veroorsaak (Soos geleer in LE 1). Die kombinasie van die twee middels word vir behandeling van hartversaking gegee.

Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

  • Vasodilatore: PGI2 & NO
  • Vasokonstriktore: Endotelien - ET1, ET2, ET3