MIA PRETORIUS

Default profile image
----------

Blog#2.3

26 Sep 2021, 22:04 Publicly Viewable

2.3 Eikosanoïede:

  • Aspirien blokkeer die COX baan, dus is meer aragidoonsuur beskikbaar vir die vorming van LT, wat brongokonstriksie veroorsaak. Dit is ongewens in asma pasiënte wat reeds brongokonstriksie ervaar.
  • Wanneer eninge besering van die fosfolipied selmembraan ervaar word (fisies, meganies of chemies), word aragidoonsuur vanuit die selmembraan vrygestel deur 3 klasse fosfolipase wat vrystelling medieer, n.l. sitosolies PLA2, sekretories PLA2 en kalsium onafhanklik PLA2 of deur ‘n kombinasie van fosfolipase C en digliseried lipase wat vrygestel word.
  • COX2 is meer selektief en verhoog deur stimuli van inflammatoriese en immunologiese selle, teenoor COX1 wat oral voorkom en nie so selektief is nie.
  • Fosfolipase A2: Kortikosteroïede, bv. Hidrokortisoon
  • Siklo-oksiginase: NSAIM’s, bv. Aspirien
  • Lipoksiginase: Leukotrienantagoniste, bv. Zileuton
  • Prostaglandien agonis: Dinoprostoon, Misoprostol
  • Leukotrienreseptor antagonis: Zafirlukast, Montelukast
  • Alprostadil word tydens sjirurgie gegee om die hartklep oop te hou. Dit is ook vasodilatoriese en inhibeer plaatjie aggregasie.
  • Misoprostil is ‘n PGE1-analoog, wat betrokke is by gastriese beskerming deur o.a. suur afskeiding in die maag te verminder en mukus produksie te verhoog.
  • PGF2-analoë
  • Latanoprost is ‘n PGF2 agonis, wat intra-okulêre druk verlaag en waterige uitvloei in die oog verhoog.