MIA PRETORIUS

Default profile image
----------

Blog#2.4

26 Sep 2021, 22:06 Publicly Viewable

2.4 NO:

  • Verskeie endothelium-afhanklike vasodilators, soos asetielcholien en bradikinien, werk deur intrasellulêre kalsium vlakke te verhoog in endothelium selle, wat lei tot die sintese van NO. NO diffundeer dan na die gladdespier, wat vasodilatasie veroorsaak. Dus beteken dit dat vasodilatasie van die endothelium afhanklik is.
  • Daar bestaan 3 isoensiem vorms vir NOS: neuronale NOS (nNOS of NOS-1) werk op neurone en skelet spier in, makrofae of geïnduseerde NOS (iNOS of NOS-2) werk op makrofae en gladde spier selle in en endothelium NOS (eNOS of NOS-3) werk op endothelium selle en neurone in.

NO sintese word geaktiveer wanneer iets plaasvind wat sistoliese kalsium konsentrasies verhoog. Die kalsium vorm dan komplekse met ‘calmodulin’ en ander kalsium bindende proteïene. Die komplekse bind en aktiveer eNOS en nNOS, dus is hul konstituele ensieme.

iNOS word nie gereguleer deur kalsium nie, maar produseer NO konstitutief. Wanneer makrofae, neutrofille en ander selle aan inflammatoriese mediators blootgestel word, sal iNOS begin ophoop en groot hoeveelhede NO produseer. Hierdie is dus ‘n geïnduseerde ensiem.

  • Sepsis is ‘n sistematiese inflammasie respons wat deur infeksie veroorsaak word. Endotoksiene in die bakterie veroorsaak sintese van iNOS, wat lei tot ‘n verhoogde produksie van NO en dus hipotensie, skok en in sommige gevalle dood.
  • NO kan geïnaktiveer word deur metale, O2 en reaktiewe suurstof spesies. NO reageer met yster in heem en hemoproteïene om nitraat te vorm. As NO tot in bloedstroom diffundeer kan dit met hemoglobien reageer om NO addisies te vorm wat rooi bloedselle aktiveer om NO deur die vaskulatuur uit te voer. NO kan geïnaktiveer word deur met O2 te reageer en stikstofdioksied te vorm. Reaksie van NO met ‘superoksied’ vorm hoogs reaktiewe oksiderende spesies, peroksinitraat.
  • Direkte weefselskade veroorsaak NO vrystelling en NO stimuleer produksie van inflammatoriese prostaglandiene deur aktivering van COX-2.