Blog #2.5
Die gebruik van fluvoksamien(‘n selektiewe serotonien heropname remmer) sal nie baie doeltreffend wees in die behandeling van Covid nie, maar in teenstelling sal dit simptome en newe-effekte vererger. Hierdie middel sal serotonienvlakke in die liggaam verhoog en daarom bloedplaatjie klewing en gevolglik aggregasie ook verhoog. Aangesien Covid pasiënte reeds sukkel met bloedklonte, hou hierdie effek baie erge gevare en selfs dood in. Verder tas Covid ook ‘n persoon se longe aan en maak dit moeilik om asem te haal en ‘n verhoging in serotonienvlakke sal brongokonstriksie veroorsaak wat ook baie nadelig kan wees. ‘n verhoging in harttempo kan ook nadelig wees in inflammatoriese siekte toestande soos Covid.