Wat beteken die term "endotelium-afhanklike" vasodilatasie vir jou? Verduidelik
Dit verwys na die aksie van die verhoogde vlakke van intersellulere kalsuim in die endotelium selle wat dan kan lei tot NO sintese. Die NO diffundeer dan na die vaskulere gladdespier wat lei tot vasodilatasie.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra
Endotoksien komponente van die bakteriele wand saam met endogeen genereerde tumor nekrose faktor en ander sitokiene induseer die sintese van iNOS in verskeie selle soos byvoobeeld neutrofiele, T-selle, hepatosiete, gladdespier selle ensovoorts. Die wydverspreide sintese van NO lei tot ernstige hipertensie, skok en in sommige gevalle dood.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken "konstitueel" en "geinduseerde" ensieme, en wat is die patologiese en fisologiese implikasies hiervan?
Daar word konstante hoeveelhede en teen 'n konstante vlak konstitutiewe ensieme gesintetiseer. Hulle word altyd geproduseer maak nie saak of daar 'n gepaste substraat is of nie. Ook nie of sy metaboliese staat en hierdie ensieme beheer word deur kalsuim. Maar aan die ander kant word induseerbare ensieme nie deur kalsuim gereguleer nie. Die teenwoordigheid van hierdie ensieme lei dan tot 'n toename in geen uitdrukking en wanneer substrate bygevoeg word lei dit dan tot 'n groot toename van die ensieme en lei dan tot die akkumulasie van iNOS. Op sy beurt lei dit tot die vervaardiging van groot hoeveelhede NO.
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Wanneer NO met hemoglobien reageer lei dit tot S-nitrosilering van hemoglobien en dit lei dan tot die vervoer van NO regdeur die vaskulatuur. Wanneer NO met suurstof reageer waod NO geinaktiveer en vorm dan stikstof dioksied. Wanneer met heme en hemeproteiene reageer sal dit geoksideer word tot nitrate.
Watter outakoiede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinson's, beroerte en amiotrofiese laterale sklerose
Noem 'n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voordele en nadele sal he
NO word geklassifiseer as 'n pro-inflammatoriese mediator wat inflammasie induseer in reaksie op abnormale situasies wat beteken dat NO help om die immuunsisteem te reguleer. VOORDELE: NO speel 'n beskermende rol in die liggaam via die immuunsel funksie en waar antigene teenwoordig is sal TH 1 selle reageer deur NO te sintetiseer. Die belangrikheid van hierdie aksie word gedemonstreer deur die beskermende reaksie op parasiete wat ingespuit word in diere na die inhibisie van iNOS. NADELE: Verlengde NO produksie kan weefsel beserings vererger in akute en kroniese inflammasie.