MIA PRETORIUS

Default profile image
----------

Blog#3.4

28 Nov 2021, 16:41 Publicly Viewable
  • Algemene oorsake is inflammasie, allergieë, verkoue, chemiese- ,fisiese- of geneesmiddel skade of koue lug.
  • Alfa-1 agoniste, bv. Efedrien

Antihistamiene, bv. Difenhidramien

Kortikosteroïede, bv. Prednisoon

Mastelstabiliseerders, bv. Ketotifen

Mukolitika, bv. Mesna

Antibiotika, bv. Neomisien

Ander middels, bv. Stoom en soutoplossings

  • Dekongestante (Alfa agoniste)  is kortwerkend (4-6 uur), intermediêrwerkend (8-10 uur), langwerkend (12 uur) en kan direk of indirek werkend wees of ‘n gemengde werking hê. Hierdie middels word gewoonlik topikaal, soos neussproeie, druppels en jellies, toegedien of as vlugtige verbindings ingeasem.
  • Rinitis medicamentosa of privinisme kom voor indien dekongestante vir te lank aaneen gebruik word. Die reseptore in die neus ondergaan afregulasie as gevolg van te veel stimulasie wat lei tot omkeerbare, permanente vasokonstriksie en afname in bloed voorsiening in die area, en dus tot weerstand teen die middels en ‘n toe neus. Dit word behandel deur gebruik van hierdie dekongestante te staak en tydelik te vervang met lokale kortikoïedterapie. Indien ‘n toe neus ontwikkel word moet gebruik in een neusgang eers gestaak word en daarna gebruik in die ander neusgang ook.
  • Die eerste generasie is multipotent, wat beteken hulle antagoneer en blokkeer histamien en muskarieniese reseptore, terwyl die tweede generasie slegs histamien reseptore antagoneer en blokkeer met die voordeel dat hulle nie sentraalwerkende effekte, soos sedasie en verlaagde konsentrasie het nie. Die tweede generasie verlig egter nie verkouerinitis nie, omdat dit nie op die muskarieniese reseptore inwerk nie en histamien geen rol in verlouerinitis speel nie.
  • Kortikosteroïede kan langtermyn gebruik word en in gevalle van allergiese rinitis, neuspoliepe, inflammatoriese rinitis en omkering van rinitis medicamentosa in die vorm van ‘n neussproei.

Anti-allergiese middels word vir profilakse van allergiese rinitis gebruik in die vorm van ‘n neussproei.

Mesna is ‘n mukolitika wat gebruik word in om taai nasale mukus meer vloeibaar te maak en is ook ‘n neussproei.

Soutoplossings word gebruik vir verdunning van mukus tydens sinusitis gebruik as neusdruppel