MIA PRETORIUS

Default profile image
----------

Blog#3.5

28 Nov 2021, 16:42 Publicly Viewable
  • Sistiese fibrose is ‘n genetiese defek wat minder sekresies in verskeie organe, veral die longe, veroorsaak. Mukussekresies in die lugweë is baie taai en dik dus kan infeksies maklik en herhaaldelik voorkom.

Inhalasie van Dorsnase-alfa (rhDNase-I) ,wat soortgelyk aan die natuurlike ensiem deoksiribonuklease I (Dnase I) is, hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die mukus om vloeibaarheid daarvan te verbeter.

  • Neonatale respiratoriese noodsindroom (hialienmembraansiekte) is wanneer die oppervlak aktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek nog nie gevorm is by babas wat prematuur gebore word nie. Gaswisseling is dus moeilik en longe kan platval.

Berhandelingstrategieë sluit monitering, oksigenering en geneesmiddel terapie, naamlik eksogene surfaktant en kortikosteroïede, in.

Eksogene surfaktante vul die onvoldoende longsurfaktant aan om gaswisseling te vergemaklik en kortikosteroïede word profilakties toegedien om surfaktantproduksie in die longe te induseer voor kraam.

  • Suurstofterapie verseker oksigenering en voorkom hipoksie. Indien te veel suurstof vir te lank ingeasem word kan dit toksiese effekte soos verminderde gaswisseling, retinale skade en blindheid by neonate, hipoksie en moontlik dood veroorsaak.
  • Neonatale apnee is ‘n toestand waar die asemhalingsentrum in die medulla van premature babas nog nie tot so ‘n mate ontwikkel is om aanhoudende asemhaling te stimuleer nie. Apnee duur 15 sekondes en gaan gepaard met bradikardie wat kan lei tot hipoksie en neurale skade.

Metielxantiene word IV toegedien en stimuleer die sentrale senuwee stelsel. Kafeïen en Teofillien word gewoonlik gebruik.