Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol ondergaan zero-orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat daar ‘n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem nl. NAD beskikbaar is en dat alkohol in die liggaam teen ‘n konstante tempo gemetaboliseer sal word, ongeag die hoeveelheid wat ingeneem word. Indien hoër konsentrasies alkohol ingeneem word, sal die NAD versadig word en effekte van die alkohol sal waargeneem kan word.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Hierdie sisteem is primêr verantwoordelik vir die metabolisme van alkohol in die liggaam. Lae en magtige hoeveelhede alkohol word hier gemetaboliseer. A.g.v. die beperkte hoeveelheid NAD, tree zero-orde kinetika in en is die tempo van afbraak konstant (7-10 g/h), ongeag die hoeveelheid alkohol ingeneem.
Hierdie sisteem metaboliseer hoër konsentrasies alkohol. Die aktiwiteit van MEOS word verhoog deur chroniese alkohol gebruik. Dis die rede hoekom toleransie teen alkohol ontwikkel kan word.
Die eindproduk by beide sisteme is asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beinvloed en wat is die effekte daarvan?
Hierdie geneesmiddels rem die aktiwiteit van aldehieddehidrogenase. Dit veroorsaak dat asetaldehied nie gemetaboliseer word na asetaat toe nie, maar dat die asetaldehied akkumuleer in die liggaam wat simptome soos naarheid, braking, hoofpyn en gloede / blosings veroorsaak.