Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol molekules is klein en wateroplosbaar. Dit word dus vinnig geabsorbeer vanuit die spysverteringstelsel. Weens sy lipofilisiteit versprei etanol ook vinnig deur die liggaam.
Die etanol molekules word hoofsaaklik deur die lewer gemetaboliseer (deur 2 ensiem sisteme) en afgebreek na asetaldehied. Oorblywende etanol molekules word deur die longe, sweet en urine uitgeskei uit die liggaam.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Daar is twee metaboliese ensiem sisteme wat verantwoordelik is om etanol te metaboliese, nl.: Die alkoholdehidrogenase sisteem. Hierdie sisteem kan lae tot matige hoeveelhede etanol metaboliseer d.m.v. aldehied dehidrogenase ensiem. Gedurende metabolise word waterstof ione na die ko-ensiem NAD oorgedra, wat dan veroorsaak dat NAD aktief raak en ook help met die metabolise van etanol. Daar is wel ‘n beperkte hoeveelheid NAD en dus kan hierdie sisteem net ‘n sekere hoeveelheid etanol metaboliseer.
Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS): Hierdie sisteem is verantwoordelik vir metabolisering van hoë konsentrasies etanol deur middel van oksidase. MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik van etanol. Die sisteem word ook geïnduseer wanneer alkohol ingeneem word. Die nadeel is dat die sisteem verantwoordelik is vir ophou van toleransie teen alkohol. In hierdie sisteem word etanol ook afgebreek na asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram
Metronidasool
Hipoglisemiese middels
Kefalosporiene
Hierdie geneesmiddels onderdruk die ensiem aldehied dehidrogenase. Dit veroorsaak dat asetaldehied (produk van alkohol metabolisme) nie afgebreek word na asetaat ens. nie. Die opeenhoping van asetaldehied veroorsaak naarheid, braking, hoofpyn, gloede en duiseligheid.