Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Omdat Etanol 'n baie klein water oplosbare molekule is word dit vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer, gevolglik versprei dit ook vinning omdat dit lipofilies is. Tydens Etanol metabolisme word zero-orde kinetika gevolg in die alkoholdehidrogenase ensiemsisteem in die teenwoordigheid van lae en matige hoveelhede alkohol.Dit is omdat die alkoholdehidroginase sisteem versadig kan word a.g.v ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensiem ( dus sal die tempo van afbraak konstant bly ongeag die hoeveelheid ingeneem.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Twee ensiemsisteme:
Die eindproduk is asetaldehied wat by opeenhooping verantwoordelik is vir naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid. Asetaldehied word dan deur aldehied dehidrogenase na Asetaat omgeskakel wat as CO2 en H2O uitgeskei kan word.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Middels soos Disufiram, Metronidasool en Keflasporiene inhibeer Aldehied dehidrogenase wat dan lei tot die opeenhooping van Asetaldehied wat verantwoordelik is vir naarheid, hoofpyn, harkloppings, blosing en duisligheid.