MARI-ANNE NORTIER

Default profile image
----------

Blog #7

12 Mar 2021, 15:35 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beinvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

a) Fenobarbitoon, Fenotoien, Karbamasepien, Okskarbasepien, Topiramaat en Perampenal. Die middels verminder dan die Pil se effektiwiteit, en kan lei tot 'n ongewenste swangerskap.

b) Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin.

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beinvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate het 'n stadiger metabolisme en daarom word hierdie middels stadiger gemetaboliseer in neonate.

Babas en kinders het vinniger metabolismes as volwassenes en dus word hoer dosisse van  hierdie middels vir babas en kinders benodig om die terapeutiese effek te weeg te bring.

Bejaardes se lewer - en nierfunksie is nie meer optimaal nie en daarom moet hierdie pasiente laer dosisse van hierdie middels gebruik, omdat die metabolisme baie stadiger plaasvind. 

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Wanneer geneesmideel interaksies kan plaasvind, en dit is omdat baie van hierdie middels 'n nou terapeutiese venster het en dit dus maklik 'n toksiese effek tot gevolg kan hê.