Blog #7: Leereenheid 4.3
Farmakokinetika van anti-epileptiese middels
Watter anti-epileptiese middels beinvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
a) Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenitoïen, Okskarbasepien, Topiramaat en Perampenal. Die middels verminder dan die Pil se effektiwiteit, en kan lei tot 'n ongewenste swangerskap.
b) Valproaat, Lamotrigien, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beinvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate het 'n stadiger metabolisme en daarom word hierdie middels stadiger gemetaboliseer in neonate.
Babas en kinders het vinniger metabolismes as volwassenes, m.a.w. dit mag dalk lyk of die dosis van kind hoёr is as dié van ‘n volwassene, maar dis juis omrede hul metabolisme so vining is en dus word hoёr dosisse van hierdie middels vir babas en kinders benodig om die terapeutiese effek te weeg te bring.
Bejaardes se lewer - en nierfunksie is nie meer optimaal nie en daarom moet hierdie pasiёnte laer dosisse van hierdie middels gebruik, omdat die metabolisme baie stadiger plaasvind.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
By geneesmiddels met ‘n nou terapeutiese indeks waar daar maklike geneesmiddel interaksies kan plaasvind en dus maklik toksiese effekte tot gevolg kan hê.