DALEEN LE ROUX

Default profile image
----------

Blog #7

30 Mar 2021, 10:20 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Fenitoïen, Karbamasepien, Okskarbasepien en Topiramaat beïnvloed die metabolisme van die Pil, dus verlaag dit die Pil se effektiwiteit.  Bykomende geboortebeperkingsmaatreëls of hoër dosisse orale kontrasepsie kan nodig wees.

Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin is veilig om saam met die Pil te gee.

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate metaboliseer die middels stadiger as wat kinders en volwassenes kan, maar babas en kinders kan weer die middels vinniger metaboliseer as wat volwassenes kan.  Bejaardes ontvang laer dosisse omdat die metabolisme nie meer so vinnig is nie.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

In gevalle waar proteïenbinding plaasvind is plasmabloedvlakmonitering nodig.  Wanneer toestande, soos chroniese nierversaking, lewersiektes, hipoalbumienemie, brandwonde, swangerskap, wanvoeding en ouderdom, voorkom is dit ook nodig om bloedvlakmonitering toe te pas.

Geneesmiddels met nou terapeutiese indeks benodig ook plasmabloedvlakmonitering.