Etanol word vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer, want dis ‘n klein water-oplosbare molekule. Dit versprei ook vinnig deur die liggaam omdat dit lipofilies is. Eliminasie /metabolisme is zero-orde eliminasie. Dit beteken dat die ligaam alkohol teen n konstante tempo sal metaboliseer omrede die NAD ko-ensiem beperk is en die metabolisme sal nie versnel soos die inname van alkohol verhoog nie. Daarom as die NAD-ensiem versadig is sal die effekte van alcohol duideliker raak. . Daarom kan toleransie opgebou word. 90% Van die etanol word in die lewer gemetaboliseer en die res in die urine en longe.
Alkoholdehidroginase sisteem is verantwoordelik om lae en gemiddelde hoeveelhede etanol te metaboliseer. Die sisteem kan versadig word weens die beperkte hoeveelheid NAD ko-ensiem dus volg dit ‘n zero-orde kinetika. (Eindproduk is asetaldehied.)
Gemengde funksie oksidases (MEOS) sisteem kan baie meer hoeveelhede etanol metaboliseer per tydseenheid (meer as 100mg/dL). ‘n Verhoging MEOS aktiwiteit word geïnduseer wanneer ‘n persoon kronies alkohol gebruik en a.g.v die’ word toleransie opgebou teen alkohol. Eindproduk: asetaldehied.
Geneesmiddels soos Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en enige Hipoglisemiese geneesmiddels beïnvloed hierdie metabolisme. Hierdie geneesmiddels rem dan Aldehied dehydrogenase wat asetaldehied omskakel na asetaat, dus sal asetaldehied opeenhooping plaasvind en lei tot simptome soos naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.Hulle rem aldehieddehidrogenase wat verantwoordelik is vir die omskakeling van asetaldehied na asetaat. Die metabolisme van etanol word dus geïnhibeer. Dit veroorsaak dat die asetaldehied ophoop in die persoon wat hom/haar dan baie sleg gaan laat voel (naarheid, braking en erge hoofpyne). Daarom kan hierdie geneesmiddels iemand help om op te hou alkohol drink.