MONIQUE SNYMAN

Default profile image
----------

Blog 6

30 Mar 2021, 13:15 Publicly Viewable

 

1.Mikrosomale Etanol Oksidasie – MEOS sisteem .Sentrale senuweestelsel aanpassings vind plaas en veroorsaak reseptor subsensitiwiteit agv reseptor afreguleering. Spesifiek by GABA-A reseptor. Metaboliese aanpassings kan ook plaasvind van MEOS sisteem omrede ensieme induseer word en meer alkohol per tydseenheid word dan gemetaboliseer.

2.Verhoog die aktiwiteit van die lewermikrosomale ensieme, dus verhoog dit die lewermetabolisme wat dan die werking van geneesmiddels beïnvloed. Lewerfunksie word verlaag deur skadelike metaboliese byprodukte van alkohol en het dan moontlike gevaar van hepatitis(lewerinflammasie) en sirrose(lewerinflammasie en scars).Glukoneogenese verlaaging agv lewerfunksie wat verlaag. Glukoneogenese verminder ook wat kan lei tot nutriëntgebreke, vetakkumulasie en hipoglukemie

3.Wernicke-Korsakoff sindroom is ‘n neurologiese versteuring wat kan ontstaan by mense wat kronies alkohol gebruik en deur ontrekkingsimptome gaan, ander sipmtome sluit in: verwarring, ataksie, geheueverlies, en paralise van die gesigspiere kom voor. Dit kan ook veroorsaak word deur ‘n gebrek aan tiamien (Vit B) – tiamien help met die metabolisme van glukose om energie te produseer, dus in ernstige gevalle kan dit lei tot die persoon wat in ‘n koma gaan en selfs dood. Hierdie is n toestand wat voorkom kan word met gebrek aan tiamien en word dus met parenterale tiamien behandel.

4.Fetale alkoholsindroom is ‘n sentraal senuwee versteuringskondisie wat voorkom by kinders wie se ma alkohol gebruik het tydens haar swangerskap (veral tydens die 1ste trimester) en as gevolg daarvan verstandelike vertraging, mikrokefalie, groeigebreke en ‘n onderontwikkeling van die middelste gesigsarea het.

Die abnormaliteite word veroorsaak deur etanol wat die plasenta kruis en die fetus se bloed alkohol vlakke verhoog dan tot dieselfde hoeveelheid as die Moeder se bloed konsentrasie. Die fetus het nie alcohol dehydrogenase ensiem se aktiwiteit nie en maak staat op die Moeder se bloed om die alkohol te metaboliseer. Die alkohol in die fetale bloedstroom induseer dan apoptotiese neurodegenerasie en veroorsaak neurale en gliale migrasie in die ontwikkelende senuwee sisteem.

5.Akute alcohol:  Meestal MEOS en alcohol dehydrogenase wat n rol speel omrede dit in hoe konsentrasies moet metaboliseer. Verlaag die metabolisme van geneesmiddels wat kan veroorsaak dat die middels kan akkumuleer in die liggaam en toksiese newe-effekte veroorsaak

kroniese alcohol gebruik: MEOS (ensiem) se aktiwiteit word geinduseer deur kroniese alcohol gebruik en dit veroorsaak vinniger metabolisme van alcohol.  Verhooging van  die metabolisme van geneesmidels en kan dus veroorsaak dat die middels geen terapeutiese effek het by die persoon nie.

6.By sedatief-hipnotika bv. barbiturate (fenobarbitoon), by anksiolitiese geneesmiddels soos buspiroon, by bensodiasepiene bv. diazepam, by trisikliese anti-depressante bv. amoksapien, by aspirien bv disprins, by vasodilatoriese middels bv. benazepril en byhipoglisemiese middels bv. metformin. Aspirien(antiplaaitjie potensieer), parasetamol (induseer Cyp 2E1)