MONIQUE SNYMAN

Default profile image
----------

Blog 7

30 Mar 2021, 13:16 Publicly Viewable

 

1.Sommige anti-epileptiese middels (soos bogenoemde middels) induseer sitochroom P450, dus word estrogeen en progesteroon omgeskakel na die onaktiewe metaboliete, daarom word die konsentrasie van hierdie middels (estrogeen en progesteroon) verlaag, en swangerskap kan voor kom.

Ensieminduserende anti-epileptiese middels beïnvloed orale kontrasepsie se metabolisme. Die pil gaan vinniger gemetaboliseer word en daar gaan minder effeketiewe konsentrasie in die bloed wees wat dus die kans van swangerskap vergroot. Ensieminduseerders soos fenitoïen, fenobarbitoon en Karbamasepien beïnvloed dit. Vroulike pasiënte op orale kontrasepsie moet eerder Lamotrigien of Tegretol neem

2.Neonate: stadige metabolisme, dus moet ‘n laer dosis gegee word.

Babas en kinders: vinnige metabolisme en moet ‘n hoër dosis neem as volwassenes

Volwassenes: gewone metabolisme, neem normale dosisse

Bejaardes: stadige metabolisme en moet laer dosisse neem

 

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Plasmabloedvlakmonitering is aangedui met geneesmiddels wat ‘n nou terapeutiese indeks het, bv. Teofillien en Fenitoïen, want dit kan aanleiding gee tot toksisiteit. Wanneer die pasiënt ensieminhibeerders/induseerders gebruik (byvoorbeeld valproaat, phenytoin, lamotrigine, en fenobarbitoon).

Wanneer die pasiënt kontrasepsie saam met valproaat en phenytoin gebruik.

Anti-epileptiese geneesmiddels wat in kombinasie gegee word moet ook gemoniteer word, of wanneer anti-epileptiese middels saam met HIV-middels geneem word veral. Fenitoïen wat ‘n versadigde metabolisme het in die lewer moet streng gemoniteer word. Enige geneesmiddels wat enisieminduserend (bv. Karbamasepien) of ensieminhiberend (bv. Valproaat) moet ook gemoniteer word. Oxcarbazepine en carbamazepine kan hiponatremie veroorsaak, dus moet bejaardes, wat hierdie middels gebruik, se plasmabloedvlakke gemonitor word.