MARIU-LOUISE ROODT

Default profile image
----------

Blog #11

8 May 2021, 15:09 Publicly Viewable
  1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese verbindings- Chloorpromasien

Piperasien vervindings- Flufenasien

Piperidienverbindings- Perisiasien

Alifatiese en piperidienverbindings het lae potensie wat dan min ekstrapirimidale effekte veroorsaak. Dit kan erge sedasie veroorsaak, sterk anticholinergiese effekte, sterk alfalitiese effekte soos posturale hipotensie en is ook kardiotoksies.

Piperasien verbindings het hoë potensie en dus meer ekstrapirimidale steurnisse, swakker anticholinergiese nee effekte, swakker alfalitiese effekte, minder sederend en minder kardiovaskulêre newe effekte.

  1. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Mesolimbiese dopamien 2 reseptore eerder as 5-HT 2.

  1. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Atipiese middels blokkeer meer 5-HT2A reseptore as wat die middels D2 reseptore blok, waar tipiese middels meer D2 reseptore blok.

  1. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Muskariene reseptore

  1. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Risperidoon en Paliperidoon, want die middels verhoog prolaktien afskeiding wat kan lei tot ander hormonale newe-effekte, dus kan die middels ekstrapiramidale effekte veroorsaak.

  1. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

A.g.v. muskariene reseptor blokkade