MARIU-LOUISE ROODT

Default profile image
----------

Blog #13

8 May 2021, 15:30 Publicly Viewable
  1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Li + ioon.

Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskappersisteme, Ig deur onderdrukking van verskeie ensieme is bleangrik in die omskakeling en hersirkulasie van membraanfosfoinositiede.

  1. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ‘n baie nou terapeutiese indeks van 0.5-1.5 mM. Konsentrasie bo 2 mM is toksies.

Die vlakke sal gemonitor word sodat toksisiteit kan vermy word tydens die gebruik van litium.

  1. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Enkelmiddel: as gemoedstabiliseerder by bipolêre versteuring.

Kombinasie: Litium saam lorasepam of klonasepam indien monoterapie by bipolêre steurnis nie voldoende is nie.

  1. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Teensuur middels, soos Na-bikarbonaat, teofilien en kaffeien verhoog renale uitskeiding van litium en dus verlaag die effektiwiteit van litium.

Neurotoksisiteit verhoog in kombinasie met karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.

Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS wanneer dit gebruik word saam litium,

  1. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  • Tremore
  • Afasie
  • Ataksie
  • Leukositoses
  • Polidipsie
  • Moegheid en swakheid
  • Skildklier vergroting
  • Edeem
  • Massatoename
  • Seksuele disfunksie
  • Aknee
  • Kan ook konvulsies en koma veroorsaak.
  1. Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Die gebruik van litium tydens swangerskap moet verkieslik vermy word. Indien daar geen ander opsie is vir behandeling nie moet litium vlakke streng gemonitor word tydens swangerskap. Dosis aanpassings sal ook nodig wees. Dit word voorgestel dat litium gestaak word kort voor geboorte en dan ‘n paar dae na geboorte hervat word.

Neonate kan simptome toon van litium toksisiteit en moet dus gemonitor word.

Tydens borsvoeding word die gebruik van litium gekontraindikeer omdat litium in die borsmelk voorkom en kan litium toksisiteit in neonate laat voorkom.

  1. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Depressie

Skisofrenie

Manie

  1. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Litium kan inmeng met die liggaam se elektroliet balans. As me. Polar diuretika (water pille) en Indocid(indometasien wat NSAIM is) gebruik saam met Camcolit kan dit litium vlakke verhoog en lei tot toksisiteit. Sedasie, moegheid, dors bly, bewerigheid en naarheid is tekens van litiumtoksisiteit, die toksisiteit is a.g.v. middel interaksie met litium.