Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van Li:
Li-ioon:
- beinvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme
- DAG verlaag verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfoso-inositiede
- IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie.
- Onderdrukking van beide sisteme, Adenielsiklase en Fosfolipase.
Wat is die terapeutiese indeks van litium en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5-1.5 mM, groter as 2mM is toksies
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle in kombinasie met watter middel?
Litium word as enkelmiddel (as monoterapie) gebruik as gemoedstabiliseerder vir bipolere steurnisse.
3 kliniese betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan he. Gee gepaste voorbeelde.
Teensuurmiddels, teofilien, kaffeine verhoog renale uitskeiding van litium (verlaag dus effektiwiteit)
Neurotoksiese kombinasie met antikonvulsante (karbamasapien), kalsium kanaal blokkers, losarta, metieldopa, metronidasool en fenitoeien.
Tradisionele anti-psigotiese middels, chloorpromasien vererger ekstrapiramidale effekte in kombinasie met litium
Noem die belangrikse newe-effek van litium
tremore, sedasie, ataksie, afasie
spierswakheid, moegheid
polidipsie, poliurie, nokturie
nefrogene diabeter insipidus
tiroiedvergroting
leukositosis
edeem
massatoename
aknee
seksuele disfunksie
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Gedurende swangerskap word vermoed dat die gebruik van litium die voorkoms van aangebore kardiogeniese afwykings verhoog (baba se hart ontwikkel nie volledig nie).
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Gemoedstabiliseerder.
Anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.
Anti-depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Camcolith is 'n geneesmiddel met 'n beheerde vrystelling van litium / Li+. Haar plasmavlakke was 0,8 mmol / L, wat binne die terapeutiese gebied val (0,5-1,5 mmol / L). Die gewigstoename is 'n algemene newe-effek wat gepaard gaan met die gebruik van die Litium-tablette. Die diuretika (waterpille) kan interaksie met die Litium-tablette veroorsaak wat toksisiteit kan veroorsaak. Die moegheid, konstante dors, naarheid en wankelrige gevoel kan wees a.g.v. dehidrasie wat veroorsaak word deur die diuretiese tablette a.g.v. die verhoogde uitskeiding van water. Indocid is 'n nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel (NSAIM's), wat ook bekend is dat dit 'n interaksie met Litium-tablette het wat die plasmavlakke verhoog en so toksisiteit kan veroorsaak. My aanbeveling is dus om die Diuretika-tablette (waterpille) te stop, aangesien die Camcolith geen toksisiteit toon nie, kan die pasiënt voortgaan met die gebruik daarvan, maar dit moet gedurende die Indocid-behandeling op toksiese effekte gemonitor word. Andersins moet die pasiënt 'n ander medikasie kry om haar besering te behandel.