Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Lithium beinvloedcAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, lg. deur verlaging van verskeie ensieme wat nb is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is nb in monoamiene en cholienergiese neurotransmissie
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Dit het ‘n klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies)
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Gebruik in kombinasie met klonasepam/ lorazepam vir bipolere versteurings
In monoterapie vir major depressiewe steurnisse
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Fluoksetien verhoog lithium vlakke
Teofillien verhoog renale uitskeiding van lithium
Neurotoksies wannneer in kombinasie met karbamasepien
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litium gebruik tydens swangerskap kan daartoe volg dat die fetus se hart nie ten volle ontwikkel nie, litium tydens borsvoeding, word nie aanbeveel nie, maar daar is vrouens wat al suksesvol was tydens die gebruik van litium in borsvoeding.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Manie
Depressie
Angs
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Die diuretika veroorsaak dat Litium nie opgeruim word nie, en veroorsaak dehidrasie as gevolg van verhoogde urien uitskeiding. Indocid wat 'n NSAIM,en die diuretika en Camcolit bevat litium. Die NSAIM en diuretika verhoog die vlakke van litium wat tot toksisiteit lei en newe effekte veroorsaak.
Teveel litium veroorsaak moegheid, naarheid en tremore. Die gewigstoename kan wees as gevolg van die verhoogde hoeveelheid litium.