LALIE LABUSCHAGNE

Default profile image
LALIE LABUSCHAGNE

Blog entry #13

12 May 2021, 15:14 Publicly Viewable

Blog # 13– LE 9.5

Litium-ioon/ soute (LiCl; LiCO3) behandeling:

  • MVW: Beïnvloed 2de boodskappers sisteme

           d.i : adenielsiklase ensiem inhibering (↓ cAMP) ;

                 en fosfolipase ensiem inhibisie (↓IP3, ↓DAG) dus deur onderdrukking van                   verskeie ensieme en dit is van belang by die omskakeling en hersikulasie van membraanfosfoinositiede.

          

  • TI =  0.5- 1.5 mM, wat ‘n baie noue terapeutiese venster waar Li+ effektief is en wat beteken dan as Li+ vlakke hoër as 2 mM styg kan dit toksisiteit veroorsaak. Dus moet plasmavlakke gemonitor en vooraf getoets word.

  • Middel interaksies en voorbeelde: (4 genoem)

↑ van Li+-vlakke en dus ↑ toksisiteit in kombinasie met tiasiede, NSAIM’s, ACEi’s en fluoksetien);

↓ Li+ effektiwiteit (deurdat dit die vermoë van niere om uriene te konsentreer ↑) in kombinasie met teensuurmiddels (NaCO3), teofillien en kaffein; asook

↑ Neurotoksisiteit met gebruik van karbamasepien(en sommige APM’s), Ca2+-kanaal blokkers , metieldopa, metrodinasool, fenotoïen, lorsartan en

laastens kan EPS simptome ↑ wanneer Li+ in kombinasie met tradisionele APM’s gebruik word.

  • Belangrikste newe-effekte van litium:

  1. Bewerigheiding, sedasie, ataksie, afasie
  2. Spierswakheid, moegheid
  3. Polidipsia, Poliuria, Nokturia
  4. Nefrogeniese diabetes insipidus
  5. Tiroïedkliervergroting

  • Wat is die status van die gebruik van litium tydens swangerskap en laktasie?

Gegewe die baie hoë risiko van terugval (van psigotiese of gemoedsversteurings simptome) in die postpartum periode, word 'n hoë teiken terapeutiese litiumvlak aanbeveel vir die behandeling van die. Die meeste kliniese riglyne ontmoedig borsvoeding by vroue wat met litium behandel word.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Angs

OCD

Voorbehoedende gebruik kan fluktuasies tussen manie en depressie voorkom

Hipomanie en manie

 

  • Gevallestudie:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Ek sou aabeveel om Camcolit (Litiumkarbonaat aanvulling) te verlaag na 400mg per dag, en die waterpille (diuretikums soos tiasiede) wat dehidrasie veroorsaak en toksiese litiumvlakke (>2mmol/L) veroorsaak, onmiddelik te staak. Die Indocid R® moet ook met versigtigheid gerbuik word omdat dit ook newe-effekte kan veregerger. Die gewigstoename is ‘n newe-efek van die litium en NSAID’s behandeling en sal dus reggestel word sodra die behandeling gestop word. Die dokter moet gereeld die plasmavlakke toets en monitor.