TAD’e |
Tersiere amiene: Amitriptillien Imipramien Trimipramie Chloorimipramien Dotiëpien Butriptilien Sekondere amiene: Nortriptilien Desimipramien *Amoksapien (nie TAD) *Maprotilien (nie TAD) Lofepramien |
MAOI’s |
Tranielsipromien Moklobemied |
SNRI’s |
Venlafaksien Duloxetien |
5-HT reseptor moduleerders |
Trasodoon Vortioksetien |
NARI’s |
Reboksetien |
Tetra/unisikliese antidepressante |
Mianserien Mirtasepien Bupropioon- (unisiklies) |
Sirkadiese ritmereguleerder |
Agomelatien |
SSRI’s |
Fluoksetien Paroksetien Fluvoksamien Sertralien Sitalopram Esitalopram |
Almal is veelvuldige multipotente op die monoamienreseptore as gevolg van die non-spesifieke verhoging van 5-HT of NA.
Dit neem min of meer 2 weke vir die sintese van neurotrofiese faktore (BDNF) in die brein. Daarom, wys die kliniese effekte van antidepressante eers oor 2 weke.
Effektiwiteit
TAD benodig titrasie tot MED terwyl SSRI onmiddelik volle dosis begin. (kan angs inisieel presenter)
Newe-effekte
SSRI’s presipiteer angs in die begin en TAD’e nie.
SSRI is nie sederend maar wel TAD’e.
TAD toon baie anticholinergiese newe effekte maar SSRi’s toon feitlik geen anti-cholinergiese effekte.
SSRI is minder kardiotoksies as TAD’e en toon hoe voorkoms van seksuele disfunksie.
TAD’e het meer newe effekte as die SSRI’s.
Veiligheid
TAD akute oordosis is baie gevaarliker as SSRI
TAD oordosis sluit in koma, konvulsies en kardiotoksiteit = fataal
SSRI’s word moontlik geassosieer met premature geboorte en vertraagde fetale groeitempo en kan ook erge ontrekkingssimptome toon.
5. Hoe werk mirtasepien?
Blokkeer alfa 2 reseptore en bevorder beide die NA outoreseptor en 5-HT vrystelling heteroreseptor, 5-HT2A (antidepressief), 5-HT3 (angsiolities en verlaag naarheid = anti emeties). Blokkeer ook H1 en alfa 1. Indirekte stimulasie van 5-HT1A (angsiolities).
6. Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer beide 5-HT en NA heropname en is meer potent vir 5-HT as NA.
Hoe werk agomelatien?
Primere agonis op melatonien 1&2 reseptore (voordelig vir slaap) en ‘n antagonis op 5-HT2C reseptore (bevorder slaap en antidepressante werking). Reguleer en herstel die liggaam se bioritmes.