ELMARIE BORCHERDS

Default profile image
----------

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 13

31 May 2021, 14:00 Publicly Viewable

Pyn is ‘n onaangename sensoriese, d.w.s. gevoel, en emosionele ervaring wat ‘n persoon ervaar. Hierdie gevoel kan geassosieer word met werklike (been breek, sny, kop besering) of potensiële weefselskade (veranderinge in die brein/lyf wat tot besering of pyn persepsies kan lei). Pyn is ‘n subjektiewe ervaring. Dit beteken dat elke persoon pyn anders ervaar. Dit is omdat sommige mense ‘n hoër pyndrumpel het as ander, elke persoon se persepsie/denke oor hoeveel pyn iets kan veroorsaak, genetika, hoeveel slaap ‘n persoon inkry, die persoon se gesindheid ens.

Hoe ‘n persoon pyn hanteer is ook verskillend. Die belangrikste om pyn te hanteer is om eerstens die bron van die pyn te identifiseer. Indien dit iets is wat ‘n persoon kan vermy, sodat hulle pyn dienooreenkomstig kan vermy sal dit die pyn verminder of wegneem. Ander pyne is egter meer kompleks en het medikasie nodig. Oor die toonbank medikasie is soms voldoende, maar daar moet geag word dat jy nie meer as die voorgeskrewe/aangetoonde hoeveelheid drink om die pyn te verlig nie, anders kan ‘n persoon tolerant raak teen die pyn medikasie, oordoseer ens. Wanneer jy vir meer as ‘n week aanhoudende pyne ervaar en die pyn word nie verlig deur vermyding of medikasie nie, moet jy jou dokter besoek om verdere ondersoek in te stel oor jou pyn.