Wat is pyn:
Pyn is 'n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade. Pyn kan akuut of chronies van aard wees. Akute pyn is gewoonlik somaties of viseraal geleë. Waar chroniese pyn funksionele en neuropatiese pyn insluit.
Wat kan pyn veroorsaak:
Akute pyn is as gevolg van skade veroorsaak deur 'n besering. Chroniese pyn word veroorsaak deur verandering aan die senuwees.
Hoekom evaar mense pyn verskillend:
Pyn word teen 'n sekere intensiteit ervaar. Dit kan op 'n skaal van 0 tot 10 beskryf word, waar 0 geen pyn is nie en 10 die ergste denkbare pyn is. Pyn kan ook beskryf word as skerp, dof of seer. Die sensitiwiteit en doeltreffendheid van 'n persoon se breinbane/sisteme bepaal hoe die persoon pyn ervaar en dit hanteer. Dis waarom party mense meer pyn as ander ervaar en sommige mense chroniese pyn ervaar wat nie behandel kan word nie en ander se chroniese pyn wel behandel kan word. Die persepsie van pyn verskil van persoon tot persoon, want dit word beïnvloed deur die pasient se gemoedstoestand, moraal/moed en die betekenis wat die pyn vir die pasient het.
Wat behels die algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing:
Die primere doel van akute pynhantering is om behandeling te verskaf wat die pasient se pyn verminder, minimale newe effekte het en die pasient nogsteeds tolaat om te funksioneer. Tweedens word gepoog om te voorkom dat die akute pyn tot chroniese pyn progresseer.
Pasient moet verwys word as die tipe pyn wat die pasient ervaar buite die apteker se kennis lê.