Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?
Kalmeer - en slaapmiddels kan gebruik word om inhibisies te verminder, sowel as angs, dit kan kalmering potensieer en help met slaapversteurings.
Een van die groot nadele van slaap en kalmeer middels is dat toleransie en afhanklkheid kan ontwikkel. Toleransie kom voor wanneer hierdie middels chronies gebruik word. Dis wanneer die liggaam groter en groter dosisse nvan die middel nodig het om dieselfde effek as die van die oorspronklike dosis te lewer. En toleransie ontwikkel gewoonlik ten opsigte van die kalmering en hipnotiese effekte wat die middels teweeg bring.
Afhanklikheid van hierdie middels ontstaan gewoonlik ba 6-16 weke van chroniese gebruik. Mense met 'n geskiedenis van middelmisbruik het die grooste risiko om afhanklikheid te ontwikkel. Na een jaar se volgehoue gebruik is 40-50% van die mense afhanklik. Afhanklikheid sluit dan ook onttrekking in. Onttrekkingsindroom ontstaan wanneer die middel uit die liggam gewerk is en die liggaam die effek van die middel weer begin "crave". Die ernstigheidgraad van die onttrekkingsindroom is afhanklik van die dosis en die duur van gebruik. Van die simptome van die onttrekkingsindroom sluit in: angs, tremore, hiperrefleksie, sweet, naarheid, slaaploosheid, nagmerries, agitasie, hallusinasies en konvulsies.
Onttrekking kan met verskillende strategieë hanteer word en dit mag weke tot maande duur. Onttrekking gaan geleidelik en stadig stapsgewys gebeur.
Daarom word hierdie middels nie vir langtermyn behandeling aanbeveel nie, omdat mens maklik tolerant en afhanklik kan word aan hierdie middels.
Hierdie middels het ook 'n paar newe effekte en kan ook tot toksisiteit lei. Hierdie middels kan kognitiewe en motoriese vaardighede versteur sso byvoorbeeld kan dit lei tot anterograde amnesie, bestuursvermoë belemmer, ens. Dit kan ook verwarring veroorsaak, veral ook met die oordosis van hierdie middels.
Sekere middels soos die wat langwerkend is(dit beteken dit bly lank in die liggaam voordat dit uitgeskei word) moet verkieslik vermy word in ouer pasiente aangesien dit 'n hoë risiko vir val het en dus kan lei tot goed soos heupfrakture. Dit is omdat ouer persone se oksidatiewe ensieme aktiwiteit vertraag is. Gebruik dus eerder middels soos oksasepam, lorasepam, temasepam en lormetasepam, wat vir 'n korter tyd in die liggam teenwoordig is.
Bensodiasepiene is redelik veilig met betrekking tot oordosis, maar nie as dit saam met ander sentraal senuwee onderdrukkers gebruik word nie, soos barbiturate, alkohol en karbamate. 'n Akute oordosis sluit in totale respiratoriese en kardiovaskulere onderdrukking en dit kan tot die dood lei as dit nie betyds behandel word nie. Behandeling sluit in die toediening van flumazenil en ondersteunings meganismes.
So die antwoord is ja en nee, ja want dit kan lei tot afhanklikheid en toleransie asook 'n akute oordosis en verskeie newe effekte. En nee, want as dit op die regte manier gebruik word en nie as langtermyn behandeling gebruik word nie sal dit nie sommer gevaarlik wees nie.