AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

10 Jun 2021, 21:31 Publicly Viewable

Blog #14 LE 13.2

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars. 

Die stimulante, Metielfenidaat (Ritalin of Conserta) word gebruik in die sleutel kortikale en subkortikale areas wat betrokke is by aandag en uitvoerende funksies. Hierdie stimulante aktiveer die sentrale senuwee stelsel, en veroorsaak dan verhoogde waaksaamheid en brein funksies.

Hierdie tipe medikasie word voorgeskryf vir persone wat sukkel om aandag te vestig, mense wie maklik aandag afleibaar is (ADHD). (Westphalen, 2019).

Hierdie middels word deesdae sonder voorskrif onder mekaar uit geruil, veral in universiteite onder die studente. Dit word gebruik om die studente se aandag beter te fokus op hul leerwerk en hul die vermoee te gee om langer ure te kan werk, om beter akademiese resultate te verkry. (Juergens, 2019)

Sommige mense neem die tipe medikasie om gewig te verloor, omdat die medikasie ‘n persoon se eetlus demp. die middels word ook soms misbruik deur atlete, omdat die middels vir hul meer energie gee en help met hul fokus tydens lang oefen sessies. (Juergens, 2019).

Sommige newe effekte wat die stimulante kan veroorsaak is:

  • Versteurde slaap
  • Angstigheid
  • Hallusinasies
  • Depressie
  • Hoe bloed druk

Bibliography

Juergens, J., 2019. Understanding Stimulants and Study Aids, s.l.: Addiction center.

Westphalen, D., 2019. Concerta (methylphenidate), s.l.: Medical news today.