Talle studente bevind hulleself onder baie druk gedurende eksamens, baie werk en min tyd, swak tydsbestuur en oormatige stresvlakke, dryf menigte van hierdie studente om Metielfenidaat tablette meer bekend as konserta of ritilin , te gebruik.
Studente het nie altyd 'n geloofwaardige voorskrif met die regte dosis vir individuele gebruik nie.
Die rede waarom hierdie tablette so algemeen misbruik word is weens die effekte van verhoogdfe konsentrasie en wakkerheid wat hulle help om te leer.
Maar wat min studente besef is, hierdie aan af gebruik kan hulle interne slaapsiklus heeltemal onwrig, hulle dopamien en noradrenalien vlakke fluktueer baie en hierdie kan langer termyn skade veroorsaak, baie studente gebruik ook n hoer hoeveelheid kaffiene in hierdie tydperk wat dus die adenosien reseptore oortyd blokkeer en ook tot insomnia kan lei in die tyd wannneer die studente goeie slaap nodig het.
Studente raak verstandelik afhanklik van hierdie quick fixes en besef nie die na gevolge wat baie skadeik kan wees nie.
Aangesien studente wie nie voorskrifte het nie en net tablette by vriende koop, kan hulle ook geneig wees om hulleself te oordoseer, hulle begin dus toleransie opbou en nie kort voor lank nie en hulle vereis hoer en hoer dosisse wat oordosering kan veroorsaak en streng nagevolge of liggaam reaksies.
Die onverantwoordelike gebruik van stimulante veral nog gekombineer met alkohol en kaffiene kan in teendeel meer angstigheid en slaaploosheid veroorsaak wat dan prestasie kan belemmer en konsentrasie kan vertraag.