ANNEMI VAN DER COLF

Default profile image
ANNEMI VAN DER COLF

Blog #2.4

14 Oct 2021, 09:19 Publicly Viewable
  • Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

Dit beteken vasodilatasie wat in die endoteel plaasvind.

  • As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstitueel beteken NOS-ensieme wat altyd teenwoordig is en verantwoordelik is vir homeostase. Geïnduseerd beteken dit word vrygestel in reaksie op ‘n stimulus. Die gevolge van die NOS-ensieme is vasodilatasie wat fisiologies voordelig is om bloeddruk te verlaag en patologies dood van septiese skok kan veroorsaak.

  • Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

Tydens septiese skok word NO vrygestel wat vasodilatasie tot gevolg het, dit kan lei tot ophoping/kongestie van bloed in sekere areas, hipotensie en skok. Dit veroorsaak dat minder bloed lewensbelangrike organe bereik en so dood kan veroorsaak.

  • Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO, histamien

  • NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

NO word gedeaktiveer deur binding aan hemoglobien of superoksied anione wat dit af breek na nitrate

  • Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Wanneer daar vreemde antigene in die liggaam is, word NO gesintetiseer. Dis voordelig sodat die immuunselle die antigeen kan bereik en dit kan deaktiveer, maar nadelig omdat die vasodilatasie kan bydra tot anafilaktiese skok.

  • In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Parkinsons, beroerte en Amiotrofiese laterale sklerose