Z SCHERMAN

Default profile image
----------

Leergedeelte 2.7 a

17 Oct 2021, 15:46 Publicly Viewable

Leergedeelte 2.7a

  • Kolgisien is ‘n selektiewe inhibeerder van mikro tibuli en spoelvorimg van leukosiete en makrofage. Dit beteken dat mitose nie kan plaasvind nie, minder inflammasie

Dit inhibeer chemotakse en inhibeer die metabolisme van leukosiete wat beteken dat minder melksuur vrygestel word wat tot ‘n toename in Ph lei.

  • Indikasies: Akute jigaanvalle, hepatise sirrose, Dermatitis herpetiformis, Pseudogout

N/E:  Nierskade, lewerskade, maagbloeding, maagpyn, naarheid, diarree, beenmurgonderdrukking, perifere neuritis, alopesie

Normale dosis: 0.5-1mg oraal

Tydens ‘n akute aanval : 0.5 – 1 mg dadelik, gevolg deur 0.5 mg elke 6 ure tot pynverligting of gastriese ongemak ontwikkel. Maks: 2.5 mg in eerste 24 uur

 Nie meer as 6 mg oor 4 dae nie

Kursus mag nie binne 3 dae herhaal nie

  • NSAIM’s: bv indometasien, Diklofenak, Piroksikam, Naproksen

Glukokorikoiede bv Prednisoon en Betametasoon

  • Probenesied word geklassifiseer as ‘n urikosuriese geneesmiddel.

Hierdie middels verhoog uriensuuruitskeiding. Aangesien Probenesied ‘n swak suur is, kompeteer dit met uriensuur vir herabsorpsie in die proksimale tubili by die swak suur transportmeganisme. Dit kompeteer ook by lae dosisse met uriensuur vir die sekresie uit die tubuli en verhoog aanvanklik die uriensuur plasmakonsentrasie

  • Allopurinol is ‘n onomkeerbare Xantienoksidase inhibeerder. Dit  verminder die omskakeling van xantien na uriensuur, wat dan die produksie van uriensuur verminder. Die [xantien] en [hipoxantien], wat beide meer water oplosbaar is as uriensuur, word verhoog. Die voorlopers word dus maklik uitgeskei en [uriensuur] verlaag

Indikasies: Dit word langtermyn vir chroniese jig toegedien

Voorsorgmaatreels: Neem medikasie slegs soos die dokter dit voorgeskryf het en hou by die gegewe dosis. Neem die orale tablet met ‘n vol glas water om die risiko vir nierstene te verminde. Neem 8-10 vol glase water elke dag. Vermy oormaat alkohol