CALISTA VAN DER HEEVER

Default profile image
----------

Blog Entry (LE 1.1)

22 Feb 2021, 09:46 Publicly Viewable

1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

  • voltage-gated ioon kanale
  • ligandbemiddelde ioon kanale

2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en liganafhanklike ioonkanale:

Potensiaal afhanklike ioonkanale is gestimuleer agv die verandering in potensiaal verskil. Dit vervoer sein van selliggaam na senuwee terminaal. Dit is Na+, K+ en Ca2+ kanale. Terwyl, Ioonafhanklike ioonkanale gestimuleer word agv 'n ioonbinding op in ioon kanaal. Die kanale laat meer as een subsans deur die kanaal beweeg.

3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore:

Ionotropiese reseptore:

  • verskeie subeenhede per reseptor
  • neurotransmitter- reseptor binding maak ioonkanale direk oop.
  • Kanale is onsenstief of swak sensitief tot membraan potensiaal.
  • kort tydperk van aksie.
  • Verantwoordelik vir die oopmaak van ioon kanale.

Metabotropiese reseptore:

  • 7 transmembraan G-proteien gekoppelde reseptors
  • Binding van neurotransmitters maak nie die kanale oop nie. Produksie van tweede bookskappers kom voor wat die intrasellulere sein-kaskades bemiddel.
  • Aksie tydperk kan duur vanaf sekondes tot minute
  • Verantwoordelik vir metaboliese veranderinge.

4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor:

Ionotropiese reseptore in die SSS is GABA (A), nikotiniese reseptore, EAA reseptore en Serotonien (5-HT3) reseptore.

Metabatropiese reseptore funksioneer deur 2 transduksie sisteme te gebruik nl. die adenielsiklase sisteem  sowel as die fosfolipase C sisteem.

5. Verduidelik die verskil tussen EPSP en IPSP en gee voorbeelde:

IPSP: Is die inhiberende post sinaptiese potensiaal. Veroorsaak die opening van chloor kanale sodat 'n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik die SSS gaan onderdruk. Voorbeelde; GABA & Glisien

EPSP: Is die aktiverende post sinaptiese potensiaal. Veroorsaak depolarisasie  wat lei tot 'n toename in ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer. Voorbeelde; Glutamaat en Asparaat.

6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Wannneer die aksiepotensiaal  arriveer by die akson terminaal veroorsaak dit depolarisasie wat 'n influks van kalsium veroorsaak by die voltage-gated kalsium kanale wat 'n versmelting veroorsaak van sinaptiese vesikels en die presinaptiese membraan. Neurotransmitters is dus dan vrygestel van die sinaptiese vesikels in die sinaptiese spleet.  Die neurotransmitters kan dan oor die spleet versprei en bind aan reseptors op post-sinaptiese membraan om 'n effek te ontlok.