Watter tipe ioonkanale word op die senusekmembraan gevind?
- potensiaalafhanklike ioonkanale
- ligandbemiddelde ioonkanale
Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale:
Potensiaalafhanklike ioonkanale:
1. Kanale reageer op die veranderinge in die membraanpotensiaal van die sel.
2. Geen reseptore betrokke nie.
3. Tipiese potensiaalafhanklike kanale is: Natrium, Kalium en Kalsium
Ligandafhanklike ioonkanale:
1. Kanale reageer wanneer 'n neurotransmitter bind aan die reseptore van 'n ioonkanaal.
2. Ionotropiese reseptore is betrokke
3. Vinnige sinaptiese oordrag word veroorsaak.
Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore:
Ionotropiese reseptore: ionotropiese reseptore lei tot die opening vaan ioonkanale, hulle is nie verbind aan G-proteiene nie en vorm ook nie 2de boodskappers nie en ionotropiese reseptore duur korter as metabotropiese reseptore.
Metabotropiese reseptore: metabotropiese reseptore bring metaboliese veranderinge. Metabotropiese reseptore is gekoppel aan G-proteien en vorm wel 2de boodskappers. Metabotropiese reseptore se effek duur langer as die van ionotropiese reseptore.
Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken toe die trandsukdiemeganisme van elke reseptor:
Ionotropiese reseptore: GABA-A, Nikotinies, EAA en 5-HT3
Metabotropiese reseptore:
- Adenielsiklase stelsel: Beta 1&2, D1 & D2, alfa 2, 5-HT1 A+B, M2, GABA-B
- Fosfolipase C-stelsel: Alfa 1, 5-HT2, M2 en H1
Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
Eksitatoriese post-sinaptiese potensiaal (EPSP): is 'n elketriese stroom wat lei tot depolarisasie van die mebrane dus veroorsaak dit dat die membraan potensiaal meer positief raak, dit veroorsaak 'n aksie potensiaal in die neuron. Bv: wanneer seritonien aan 5-HT3 reseptore bind word natrium kanale geopen wat lei tot depolarisasie van die membraan en die aktivering van 'n aksie potensiaal.
Inhiberende post-sinaptiese potensiaal (IPSP): is 'n elektriese stroom wat lei tot die hiperpolarisaise van die membrane wat veroorsaak dat die membraan potensiaal meer negatief raak en inhibeer verdere aksie potensiaal effekte. BV. wanneer GABA aan 'n GABA-A reseptore bind word chloried ioonkanale geopen en lei dit tot hiperpolarisasie van die membraan en sal die aksie potensiaal onderdruk word.
Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Wanneer aksie potensiale die sinaptiese terminaal bereik aktiveer dit kalium kanale dus sal Kalsium in die sel in vloei. Die toename van die kalium konsentrasie in die terminale veroorsaak dat die sinaptiese vesikels en die pre-sinaptiese membrane saamsmelt en die neurotransmitters word vrygestel in die sinaptiese spleet. Kalsium is dus verantwoordelik vir die vrystelling van neurotransmitters in die sinaptiese spleet.