Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol word volgend zero-orde kinetika in die liggaam gemetaboliseer in die alkoholdehidrogenase ensiemsisteem wanneer lae tot matige hoeveelhede alkohol ingeneem word. Die ko-ensiem NAD metaboliseer slegs ‘n beperkte hoeveelheid alkohol. Wanneer die NAD-ensiem versadig is, sal die effekte van die hoër inname van alkohol duideliker word, omdat die metabolisme nie sal toeneem wanneer daar ‘n toename in alkohol inname is nie.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Etanol word volgens twee ensiemsisteme gemetaboliseer. Die sisteme is Alkoholdehidrogenase (zero-orde kinetika) en MEOS (gemengde funksie oksidase). Die eindproduk van etanolmetabolisme is asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporien & Hipoglisemiese geneesmiddels.
Die geneesmiddels inhibeer Aldehied dehidrogenase, wat veroorsaak dat die persoon naarheid en blosende reaksies ervaar, selfs as is net ‘n klein hoeveelheid alkohol ingeneem. Die reaksies word veroorsaak deur die akkumulasie van asetaldehied.